Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

In gesprek met Rehane – Arendsvlei

Nuus
25 Januarie 2019
Lees meer.
In gesprek met Rehane – Arendsvlei

Sommiges is mal oor haar. Ander kan haar nie verdra nie. Wat ookal die geval is, dit is onmiskenbaar dat Arendsvlei se Wendy Newman vir baie drama en vermaak sorg. Ons het by Rehane Abrahams, die vrou agter dié gewilde karakter, gaan inloer:

En wanneer het jy geweet dat jy ’n akteur wil wees?
Om eerlik te wees wou ek nog altyd ’n akteur wees, maar ek het dit nie aan myself of enigiemand anders erken nie. Dit was nie eintlik ’n aanvaarbare loopbaan nie. So, in matriek het ek finaal besluit dat ek UCT Dramaskool sou probeer. Ek was anvaar en ek het na ’n paar jare besef dat ek wel talent besit het.

Watter drie woorde sou jy gebruik om vir Wendy aan jou vriende te beskryf?
Hardvogtig, onbeskaam, egoïsties.

En hoe voel dit om die “skurk” in dié reeks te speel? Was dit ’n groot aanpassing vir jou?
Dit was ’n uitdaging om iemand só anders te speel. Die storie en die karakter is so goed geskryf dat dit glad nie moeilik voel om die woorde en die karakter te laat leef nie. Ek het in die begin nogal geskrik vir Wendy se vermeutelheid en hoe skaamteloos sy is. Sy verras my nogsteeds.

Hoe hanteer die algemene publiek jou?
In my daaglikse lewe lyk ek glad nie soos Wendy nie. So mense herken my nie eintlik in die supermark of op straat nie. Ek is nogal gelukking daaroor want ek kan met gemak my normale lewe leef.

As jy nie Wendy uitgebeeld het in die reeks nie, wie sou jy graag wou vertolk?
Al die rolle is so lekker geskryf, die karakters is kompleks met ingewikkelde storielyne, so ek sou enige van die ander rolle graag vertolk. Maar ek moet sê dat Wendy definitief die lekkerste is vir my.

Wat is jou gunstelling toneel in die reeks tot dusvêr?
Die toneel waar Wendy vir David skiet en dan later in die hospitaal inspuit en vermoor is tot dusvêr my gunstelling tonele. Dis die eerste keer wat so iets op kamera gespeel het en dit was intens!

Wil jy meer sien van Rehane? Skakel dan elke Maandag tot Woensdag in om 20:00 om uit te vind wat Wendy se volgende skema is. Gesels ook saam op Facebook, Twitter en Instagram met die hutsmerk #Arendsvlei.