Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Hy lewe! – Arendsvlei

Nuus
14 Junie 2019
Lees meer.
Hy lewe! – Arendsvlei

Dié week was baie kykers oortuig dat dit Arendsvlei se laaste week sonder Lee-Roy sou wees. Die moontlikheid dat dié geliefde karakter die program sou verlaat het aanhangers in skok gelaat en baie kykers was nie tevrede nie.

Theltom Masimila en Craig Adriaanse se tweets het sekerlik almal se grootste vrese vererger.

Kykers was egter verlig en vol vreugde toe die dokter vir Lee-Roy se ouers vertel dat hy wel gaan oorleef!

Hoewel die stof gaan lê het, is sommige kykers steeds ongelukkig oor die skok en vrees wat hulle ervaar het!

Wil jy weet wat nóg vir Lee-Roy voorlê? Maak dan seker jy bly ingeskakel en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Facebook, Twitter en Instagram