Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Hou partytjie soos die sterre

Nuus
23 Oktober 2018
Lees meer.
Arendsvlei Rooftop Cartel

Toe die telenovela Arendsvlei in Kaapstad bekendgestel is, was daar net een plek om dit te hou: Cartel Rooftop in die hartjie van die Moederstad. Die Bravo!-span was by die bekendstelling – kyk die video hier

Aan stuur van dié besondere spasie is Nina van Deventer van NVD Property, ’n organisasie wat verskeie venues en luukse huise namens kliënte verhuur.

Wat maak Cartel Rooftop spesiaal?
Cartel Rooftop is Kaapstad se oorspronklike “New York style rooftop venue en bar”. Dis ideaal geleë in die middestad met pragtige uitsigte oor Kaapstad sowel as die Prestwich-gedenktuin wat dit ’n goeie kombinasie van groen en grys maak. Die veelsydigheid van die venue – daar is ook ’n 100-sitplek ouditorium – maak dit ideaal vir ’n wye verskeidenheid van funksies, konferensies, produkbekendstellings en selfs modeparades. Die gebou is ook so gebou dat dit ’n natuurlike windbreuk teen die suidooster vorm, wat ’n troos is vir enige persoon wat ’n geleentheid in Kaapstad wil beplan. Cartel Rooftop is ook ideaal vir die nuwe tendens van stedelike troues deurdat die venue met ’n binnehof aan die Lutherse Kerk van Kaapstad verbind word.

Wat anders doen NVD Property?
Ek bestuur ’n ongeëwenaarde portefeulje van Kaapstad se elite-venues – van Cartel Rooftop tot super-luukse villas in Clifton. Al hierdie plekke is beskikbaar vir funksies, akkommodasie en fotosessies. Verder maak ek seker dat enige van die bogenoemde seepglad verloop, van die eerste verskaffer wat begin aflaai tot die laaste persoon ry.

Hoeveel eiendomme het jy wat jy so bestuur en/of uitverhuur?
Ek het meer as 80 op my webtuister, waarvan ek 15 eksklusief bestuur.

Die bekendstelling van Arendsvlei was by Cartel Rooftop. Wat het die aand spesiaal gemaak?
Dit was ’n wonderlike voorreg om gasheer te speel vir so ’n glansgeleentheid vir die room van die Suid-Afrikaanse TV- en filmbedryf. Dit is altyd ’n goeie aanduiding dat jou gaste lekker kuier wanneer jy effens sukkel om hulle daar weg te kry, maar dit was elke minuut die moeite werd.

Watter ander dienste verskaf jy?
Ek bestuur die hele proses vir enige van die geleenthede waarvoor die spasies gebruik word; van die eerste oomblik tot die laaste, van die spyseniering tot die dekor.

Kaapstad is ’n internasionale bestemming. Is die eiendomme wat jy bestuur en verhuur ook vir Suid-Afrikaners haalbaar?
Beslis. Ek bestuur ’n wye verskeidenheid eiendomme en my kliënte wissel van internasionale sakemagnate tot my vriende wat hulle verjaardae wil hou. Daar is werklik iets vir almal.

Vir meer inligting oor Cartel Rooftop, kliek hier.

Blaai hier deur foto’s van die Arendsvlei-bekendstelling by Cartel Rooftop hier onder – kliek hier vir nog meer foto’s:

Gallery
Arendsvlei002