Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Het dit sopas gebeur? – Arendsvlei

Nuus
31 Maart 2019
Lees meer.
Het dit sopas gebeur? – Arendsvlei

Die drama in Arendsvlei vat kykers deur ’n pad vol draaie. Sommige tonele en gebeurtenisse laat egter ons monde oophang en vra: “het dit werklik gebeur?” Die onvoorspelbare kenmerke van die reeks sorg vir talle vermaak en maak dat ons net nie genoeg kan kry nie! Hier is ’n paar oomblikke wat ons net nie sien kom het nie.

Sekerlik die grootste oomblik van die hele reeks sovêr was toe Wendy vir David geskiet het. Almal het geweet dat Wendy slegte goed doen aan die mense van Arendsvlei, maar min het hierdie verwag.

Dit was egter nie die einde nie. Dit het voorgekom of David wel gaan oorleef totdat Wendy ons weer verras het met ’n kreatiewe oplossing vir die probleem.

Dit was duidelik dat daar belangstelling was van Beatrice in Christopher en hy het ook beslis probeer om hul verhouding na die volgende vlak te neem. Kykers was egter geskok toe Beatrice ingee en vat wat sy wil hê.

Debra en Wesley se eerste poging om saam te slaap het ons maande laat oophang en laat wonder wat gebeur het!

Almal het verwag dat Mielies vir Chantel wou skiet, maar sy was baie slim.

Die oomblik toe Nicolene besef dat sy ’n aand met ’n leerder spandeer het was die definisie van awkward.

Ons het geweet dat Wendy nie met haar laat mors nie, maar ons was geskok om te sien dat sy sal draai teen die man wat alles vir haar doen!

Arendsvlei het beslis nog talle skokkende oomblikke wat voorlê. Maak seker jy is ingeskakel vir elke een en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.