Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Drama in 2019 – Arendsvlei

Nuus
30 Maart 2019
Lees meer.
Drama in 2019 – Arendsvlei

Nog nie veel van die jaar is al verby nie, maar Arendsvlei het tot dusvêr genoeg drama en komedie verksaf vir ’n leeftyd! Sedert die nuwe jaar het Theltom en sy span kykers bederf, laat huil en laat lag met tonele wat vir lank in ons gedagtes gaan bly. Ons kyk dus terug na ’n paar onvergeetlike oomblikke van 2019 sovêr.

Lee-Roy het omlangs aan Claudia bely dat sy grootste vrees moontlik ’n realiteit kan word. Kykers sal egter nog moet wag om te sien of sy kanker wel terug is.

Een van die grootste gevegte in die reeks sovêr was tussen Janice en Wendy. Dreigemente, geheime en beledigings. Die situasie het vinnig lelik geraak tussen twee dames wat nie maklik afgeskrik word nie. Janice het uiteindelik Wendy op haar plek gesit deurdat sy een van haar grootste geheime teen haar gebruik het. 

Die oomblik toe Valdonia oopgemaak het aan Chantel oor haar man, was sekerlik een van die mees emosionele tonele van die reeks. Beide Chantel en Valdonia se dade het hul vir lank bevestig as twee belangrike antagoniste in die reeks. Kykers het egter besef dat daar hartseer en relevante redes agter hul albei se gedrag was. 

Die verbode liefde tussen Anton en Nicolene is iets wat opinies verdeel en gereeld tonge laat klap. Die klimaks van hierdie verhouding was toe Anton vir die paar ’n geheime kamer omskep het en ’n aand saam spandeer het vir die eerste keer.

Lionel se komiese veldtog om die skool se volgende PT-onderwyser te word het ons laat rol vir die lag en laat dink: Wat as my pa dit moes doen?

Lionel en Crystal se affair duur al vir maande, maar omlangs het hul eggenote ook hul gevoelens aan mekaar bekend gemaak. Dus is ’n liefdes-vierkant gevorm waarvan nie een van die partye wat betrokke is bewus was nie. Dit was totdat Ronel haar man gevang het met Janice. 

Een van die mees romantiese oomblikke van die reeks het ook in omlangse maande plaasgevind toe Jason vir Ilke gevra het om te trou. 

Die jaar is nog jonk en jy wil beslis nie uitmis op wat steeds oppad is nie. Volg ook die storie voor en na die uitsendings en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.