Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Die pad na liefde – Arendsvlei

Nuus
31 Maart 2019
Lees meer.
Die pad na liefde – Arendsvlei

Romanse vorm ’n groot deel van lewe in Arendsvlei. Soms is dit reg, soms is dit verkeerd. Tog, vind liefde die karakters in allerhande maniere. Hoe het al hierdie verhoudings egter aan die gang gekom? Ons gee leiding.

Ruiter en Wendy

Wendy en Ruiter se verhouding het ontstaan uit ’n geleentheid wat Wendy gesien het. Na David se dood het dié twee ontmoet. Ruiter het respek vir Wendy begin kry deur hoe baie sy gedoen het wat David se begrafnis en sy nalatenskap aanbetref, hoewel haar bedoelings nie opreg was nie. Wendy het self erken dat sy nie werklik vir Ruiter omgee nie. Wat presies haar end game is wat hierdie verhouding aanbetref, moet egter nog gesien word.

Beatrice en Christopher

Beatrice en Christopher se kort verhouding het begin deurdat Beatrice desperaat was vir opregte gevoelens, na ’n geskiedenis van mishandeling deur haar man, David. Sy het geweet dit is verkeerd, maar sy moes ontsnap van haar realiteit en Christopher was vir haar ’n veilige plek waar sy haarself kon wees en nie bang hoef te wees nie. Nadat David vermoor is, het Beatrice egter verder en verder weg van Christopher begin beweeg. Die verhouding is uiteindelik geëindig op ’n suur noot.

Samantha en Emile

Samantha se dade na die dood van haar pa was beslis bevraagteken deur kykers. Een van hierdie keuses, was haar besluit om ’n verhouding met Emile te begin. Die begin van hierdie verhouding het hand-aan-hand gegaan met Wendy wat Samantha weg van Beatrice probeer neem het. Wendy het selfs vir Emile aangemoedig om te flirt met Samantha, wat alles deel was van haar donker planne. Emile het egter werklik gevoelens begin ontwikkel vir Sam en Wendy het hom laat verstaan dat hy net mag voel wat sy wil hê hy moet voel.

Janice en Lionel

Janice en Lionel se geheime verhouding agter toe deure begin en gegroei soos wat hul meer kanse vat, wat omlangs gelei het tot Ronel wat hulle uitvang. Lionel het terug in Arendsvlei gekom deurdat hy ’n vorige fling ontsnap het wat te vinnig beweeg het. Janice en Thys se verhouding was ook besig om uitmekaar te val in die middel van finansiële probleme. Janice en Lionel het stadig, maar seker, ’n nuwe hoofstuk begin skryf in ’n ou liefdesverhaal.

Claudia en Vernon

Omstandighede het hierdie jong paartjie bymekaar gebring. Claudia het nodig gehad om te ontsnap van haar huishouding, waar haar pa en ma aanhoudelik baklei het. Vernon, aan die ander kant, het beweeg van een slegte situasie na die ander. Hy was geskiet, sy ouers het ook baklei oor geld, hy was deur Emile manipuleer en het ’n vuurwapen gekry en het probeer ontsnap van die polisie, hoewel hy nie die wapen gebruik het nie. Dit het begin by Claudia en Vernon wat mekaar raad gee en versekering gee dat alles beter sal raak. Die vriendskap het egter ontwikkel in iets veel meer romanties.

Wat lê volgende voor vir hierdie paartjies? Maak seker jy loop nie enige van die drama mis nie en gesels saam met die hutsmerk #Arendsvlei op Instagram, Facebook en Twitter.