Logo
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Die begin van groot dinge – Arendsvlei

Nuus
29 Februarie 2020
Maart belowe nog meer drama vir die vlei!
Screenshot 2020-03-02 at 14.05.12

Steve se teenwoordigheid in Arendsvlei veroorsaak groot onrus en dit lyk nie asof daardie vrese vinnig gaan verdwyn nie. Ons het ook ’n nuwe karakter ontmoet en besef wie Nathan Koopman werklik is! Hier is wat in Maart voorlê vir Arendsvlei:

Steve probeer van elke geleentheid gebruik maak om gek te skeer met Lionel, maar Lionel bly nie lê nie. Hy moet vir Steve en Janice wys wie’s baas. Tot hy Steve hoor praat oor die verlede en dadelik begin senuweagtig raak. Gaan Steve iets drasties doen aan Lionel? En boonop deel Janice ‘n groot geheim met Lionel wat hy nooit in ’n miljoen jaar sou kon raai nie.

Ronel en Thys mag dalk ’n troudatum gekies het, maar ernstige besluite oor die toekoms laat hulle in ’n berader se kantoor beland. Soveel so dat hulle verhoudingsprobleme breekpunt bereik en nie eers Beatrice hulle kan help nie. Die berading mag dalk vir ’n tydjie help, maar dis nie kort voor lank voor hulle weer begin stry nie.

Monique en Cardo se danssessies verloop goed, tot ’n onbekende inwoner van Arendsvlei by Monique aanlê. Dis nie lank voor Cardo ontsteld gaan raak as Monique een of twee dansklasse mis nie. En al weet Monique Bompie beteken net moeilikheid, besluit sy tog om hom ’n kans te gee.

Anton bereik ’n deurbraak met sy emosies, eindelik werk sy stokperdjie vir hom. Hein is net te bly dat Anton weer passievol is oor iets. Hy was rêrig bekommerd oor sy seun ná hy sy verhouding met Nicolene beëindig het. Anton se stokperdjie kan net dalk ’n nuwe begin vir hom beteken.

Daar mag dalk ’n kans wees vir Maurice om dinge reg te maak met die Cupido-familie ná hy vir almal vir maande oor sy identiteit gelieg het. Maar sal dit genoeg wees? Die leerders voel sterk daaroor dat Maurice weer moet skoolgee en besluit om iets daaromtrent te doen.

Steve besef dat een van die leerders hom en Janice se geheim gehoor het en besluit om uit te vind wie dit is. Hy agtervolg die leerder en kom agter dat dit Daniel is. Sal Steve Daniel se geheim verklap? As iemand die waarheid oor Daniel moet uitvind dan sal hy sy beurs verloor.

Bly op hoogte met al die drama elke Maandag tot Woensdag en gesels saam op FacebookTwitter en Instagram!