Afskaal is ’n realiteitsprogram van 13 episodes wat die lewens volg van vier oorgewig persone, wat die behoefte het om hul lewe te verander. Hulle reis vind plaas oor ’n periode van 16 weke met ’n uiteindelike wenner wat aangewys word. Ons sien al die drama terwyl hulle deelneem aan ’n verskeidenheid uitdagings wat hulle toegewydheid om gewig te verloor, toets.