Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160 Afgrond

Episode 6 vrae beantwoord – Afgrond

Nuus
31 Maart 2021
Ons kyk weekliks na van die grootste vrae waarmee ons gelaat word na elke episode van die naelbyt-drama Afgrond.
6 BB

Ek is onregverdig afgedank…

Volgens die Labour Relations Act (LRA) is die volgende redes ongeldig om iemand af te dank. ‘n Afdanking word onmiddellik as ‘onregverdig’ beskou as ‘n werknemer afgedank word weens:

  • die uitoefening van enige van die regte wat deur die LRA deurgegee word of deelname aan verrigtinge ingevolge met die wet.
  • deelname aan wettige vakbondaktiwiteite.
  • deelname aan 'n wettige staking of ander protesaksie.
  • weier om die werk te doen van iemand wat gestaak het.
  • swangerskap, of enige rede wat verband hou met swangerskap.
  • weier om 'n verandering in werksomstandighede te aanvaar.
  • weens arbitrêre diskriminasie.
  • 'n rede wat verband hou met die samesmelting van die maatskappy met 'n ander organisasie
  • na aanleiding van 'n openbaarmaking deur die werknemer ingevolge met die "Wet op Openbaarmaking van Inligting".

As 'n werknemer voel dat hulle onregverdig afgedank is of daar nie 'n 'goeie rede' vir die afdanking is nie, kan die werknemer probeer om die afdanking te betwis. Rapporteer jou afdanking by ‘n unie.

As die afdanking onregverdig verklaar word, kan die werknemer weer in diens geneem word of vergoeding ontvang.

Ek keur nie my dogter se kêrel goed nie…

Tieners is 'n bewys dat daar lewe op ander planete bestaan. Om jou tiener te hanteer is moeilik genoeg, maar wat doen jy as jy nie van jou tiener se nuwe liefde hou nie?

Vermy kritiek of advies. Jou tiener is meer geneig om negatiewe insette van jou te ignoreer, maak nie saak hoe goed jou intensies is nie. Dr. Offra Gerstein van Relationship Matters stel voor dat jy eerder vrae vra wat jou tiener kan stuur om self te begin twyfel of hierdie verhouding die beste vir hulle is.

Vetrou jou tiener om die beste besluite neem vir hulself. Aanvaar die feit dat hulle wel foute gaan maak, maar stel hulle gerus dat jy daar sal wees om hulle te ondersteun op elke pad wat hulle besluit om te volg. Wees geduldig. Vetrou dat jy jou kind reg groot gemaak het – hulle sal self besef wanneer hierdie verhouding nie meer werk nie.

Wat is dokter-pasiënt vertroulikheid?

Vertroulikheid word as ‘n sentrale aspek beskou in die verhouding tussen dokters en pasiënte en dokters word verantwoordelik gehou vir die beskerming van persoonlike inligting wat pasiënte met hulle deel.

Die verpligting tot vertroulikheid strek veel verder as om nie vertroulike inligting bekend te maak nie; dit sluit die verantwoordelikheid in om te verseker dat alle rekords wat pasiëntinligting bevat, veilig bewaar word.

Vertroulikheid is wel nie altyd ‘n gegewe nie - daar is omstandighede waarin openbaarmaking toelaatbaar of selfs verpligtend is.

  • Om aan die bepalings van 'n statutêre bepaling te voldoen (bv. Kennisgewing van 'n oordraagbare siekte)
  • Om aan 'n hofbevel te voldoen
  • In die belang van die publiek (bv. situasies waar die pasiënt of ander persone in direkte gevaar is as gevolg van risiko-verwante kontak)
  • Met die toestemming van die pasiënt
  • Met die skriftelike toestemming van 'n ouer of voog van 'n minderjarige onder die ouderdom van 12 jaar
  • Met die skriftelike toestemming van die naasbestaandes of die eksekuteur van die boedel van 'n oorlede pasiënt

Hoe red ek my besigheid?

Hier is 10 stappe wat jy kan volg om te keer dat jou besigheid deur die mat val:

  1. Verander jou ingesteldheid:
    As jou besigheid sukkel, is dit maklik om hopeloos te voel en die glas as half leeg te sien. Maar as jy jou situasie wil omkeer, het jy geen ander keuse as om jou ingesteldheid te verander nie.
  2. Maak 'n SWOT-analise:
    'n SWOT-analise is 'n strategiese oefening wat jy gebruik om jou besigheid se sterkpunte, swakpunte, geleenthede en bedreigings te identifiseer.
  3. Verstaan jou teikenmark en ideale kliënt:
    Hoe meer jy van jou teikenmark en ideale kliënt weet, hoe beter sal jy kan verstaan waarop jy jou tyd moet spandeer.
  4. Stel SMART-doelwitte op:
    Maak ‘n lys van Spesifieke, Meetbare, Bereikbare, Relevante en Tydgebonde doelwitte.
  5. Verminder koste en prioritiseer wat jy betaal:
    Begin deur onnodige uitgawes te verminder.
  6. Bestuur jou kontantvloei:
    Stel 'n kontantvloeivoorspelling op sodat jy insig het in wat in kom en wat uitgaan.
  7. Praat met skuldeisers, moenie dit ignoreer nie:
    Probeer om nie te oorweldig te voel deur uitstaande skuld nie, praat met jou skudleisers en beraam saam ‘n plan om jou skuld af te betaal.
  8. Organiseer jou besigheid:
    'n Gebrek aan organisasie het nie net meetbare verliese tot gevolg nie, maar dit het ook ‘n negatiewe invloed op die reputasie van jou besigheid.
  9. Hou op om tyd te mors aan herhalende take:
    Wanneer herhalende take geoutomatiseer word, spaar dit geld en tyd om aan die groei van die onderneming te werk.
  10. Fokus op jou kliënte:
    Om kliënte tevrede en gelukkig te hou, was nog nooit so belangrik as vandag nie.

My man wou my masjiene af sit…

Om lewensondersteuning te stop is 'n moeilike besluit, veral as jy nog nie jou wense oor die einde van jou lewe met jou familie bespreek het nie. Dokters beveel gewoonlik aan om lewensondersteuning te stop as daar geen hoop op herstel is nie. Dokters sal verskeie toetse doen om seker te maak dat daar geen kans op herstel is nie, voordat hulle hierdie aanbeveling maak.

Daar is geen betroubare statistieke vir die persentasie mense wat oorleef nadat lewensondersteuning toegedien of onttrek is nie. Maar sekere onderliggende toestande het wel goeie langtermynuitkomste, selfs nadat 'n persoon op lewensondersteuning is.

Niemand wil voel dat "dit alles in hulle hande is” nie, aangesien hulle 'n besluit neem oor lewensondersteuning vir 'n geliefde. Dit is een van die moeilikste en mees emosionele situasies waarin iemand hulself kan bevind.

Skakel elke Woensdag om 20:00 in vir Afgrond en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #Afgrond te gebruik.

Jy kan ook nou kykNET stroom op Showmax.