Logo
Slim Billboard Desktop 1600x160 Afgrond

Episode 5 vrae beantwoord – Afgrond

Nuus
24 Maart 2021
Ons kyk weekliks na van die grootste vrae waarmee ons gelaat word na elke episode van die naelbyt-drama Afgrond.
5 BB

Is daar enige betekenis in drome?

Dit is belangrik om te bepaal of daar enige betekenis in jou drome is. Daar is verskeie teorieë oor droominterpretasie en of dit wel iets beteken.

Een van dié teorieë is ‘n neurobiologiese teorie van droom – die Aktivering-Sintese hipotese, wat deur psigiaters, John Allan Hobson en Robert McCarley, van die Harvard Universiteit voorgestel is. Hulle teorie noem dat drome geen betekenis het nie, maar bloot breinimpulse is wat willekeurige gedagtes en beelde uit ons herinneringe haal. Hulle teorie dui daarop dat mense verhale vorm uit hul droombeelde nadat hulle wakker geword het. Dit is 'n natuurlike poging om van alles sin te maak.

Die bekende sielkundige, Sigmund Freud, het egter geglo dat drome konflikte of wense onbewustelik onderdruk het. Volgens Freud is drome beelde van 'n wens of vroeëre konflik wat onderdruk word. Hy glo dat om drome te bestudeer, jou beter insig gee om die onbewuste verstand te verstaan.

'n Ander teorie is die bedreiging-simulasie teorie, wat drome beskryf as 'n verdedigingsmeganisme wat ons brein gebruik om ons voor te berei op erge gebeure. Dit laat ons toe om ons vrese in 'n veilige simulasie in die gesig te staar.

Deur droominterpretasie kan jy verstaan of jou drome iets aan jou openbaar. Daar is sekere dinge wat jy kan doen om jou droombetekenisse te ontsyfer. Professionele droomontleder en skrywer, Lauri Quinn Loewenberg, noem dat as jy 'n dagjoernaal saam met 'n droomjoernaal begin hou, sal jy ‘n verband kan sien tussen jou droombeelde en jou daaglikse lewe.

My man spandeer geld sonder om dit met my te bespreek…

Finansiële ontrouheid is een van die gevaarlikste dinge wat in 'n huwelik kan gebeur. Wanneer die een huweliksmaat aansienlike finansiële stappe neem sonder om die ander een in kennis te stel, stel dit die finansiële toekoms vir beide van julle in gevaar en verontagsaam dit die belangrikste dele van 'n gesonde huwelik: vertroue en kommunikasie.

Hier is moontlike tekens van finansiële ontrouheid:

  • Jy vind state vir 'n kredietkaart waarvan jy niks weet nie
  • Daar is kontant weg
  • Jou huweliksmaat is angstig om die pos te ontvang
  • Jou huweliksmaat het skielik baie nuwe besittings en ervaringe
  • Jou huweliksmaat word uiters verdedigend wanneer geldsake bespreek word
  • Jou huweliksmaat vertel leuens aan ander oor jul uitgawes
  • Jou huweliksmaat raak skielik té finansieel vrygewig met jou

Wat is hipnoterapie?

Hipnoterapie is 'n vorm van terapie wat gebruik word om die onderbewussyn te herprogrammeer.

Die American Psychological Association noem dat onder hipnose, plaas jy jou verstand en liggaam in 'n meer ope toestand om te leer en te ontvang, wat jou meer vatbaar maak vir voorstelle van selfverbetering of gedragsverandering. Baie beskryf hipnose as 'n toestand van gefokusde aandag.

Met hipnoterapie is jy totaal in beheer. Jy hoor voorstelle en kan besluit of jy dit wil aanvaar of afkeer en sal alles kan onthou na die sessie.

Hipnoterapie kan gebruik word vir verskeie probleme. Byvoorbeeld, om gewig te verloor of om verslawende gedrag te stop. Jy kan ook ‘n terapeut sien voor of tydens geboorte, om jou selfbeeld te verbeter, kroniese pyn te verlig, ook vir slaaploosheid, fobies of angs.

My baas het probeer om homself op my te forseer…

Geweld teen vroue het 'n ernstige probleem in Suid-Afrika en die wêreld geword. Inligting uit verskeie lande dui daarop dat 35% van alle vroue al fisies of seksueel mishandel is deur iemand na aan hulle. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat Afrika-lande van die hoogste vlakke van fisiese en seksuele geweld teen vroue ter wêreld het.

Volgens 'n verslag deur die South African Medical Research Council (MRC) in samewerking met die London School of Hygiene and Tropical Medicine en die World Health Organization (WHO), ervaar ongeveer 45,6% van vroue in Afrika fisiese en seksuele geweld.

Belangrike kontaknommers:
Women’s Legal Centre Cape Town Office        021 424 5660
Women’s Legal Centre Johannesburg Office   011 339 1099
CCMA                                                               0861 16 16 16
Stop Gender Violence Helpline                         0800 150 150
Rape Crisis                                                       021 447 9762

Ek moet na my boetie omsien…

As 'n ouer sterf, kan 'n ouer kind die rol oorneem om die gesin bymekaar te hou. In 'n oomblik word gedagtes oor matriekafskeid en muisneste vervang met bekommernisse om werk te vind en rekeninge te betaal.

Die surrogaatouer - soms net 'n tiener hulself - moet die huishouding bestuur en moeilike besluite neem vir en namens hul sibbe, terwyl hulle hul eie hartseer en angs hanteer. Hoe beïnvloed hierdie dinamiek tussen 'n versorgende broer of suster en jonger broers en susters hulle in latere jare?

Vicki Panaccione, ‘n kliniese kindersielkundige en stigter van die Better Parenting Institute in Amerika noem dat daar wrok kan vorm tussen die sibbe óf baie nabye beskerming.

Daar is soveel kritieke ontwikkelingsfases wat verlore gaan of baie vinnig moet gebeur as kinders op ‘n jong ouderdom meer onafhanklik en selfstandig moet word.

Skakel elke Woensdag om 20:00 in vir Afgrond en gesels saam op sosiale media deur die hutsmerk #Afgrond te gebruik.

Jy kan ook nou kykNET stroom op Showmax.