Logo

Wow – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
16 Januarie 2020
Wie is die dame wat Rohan se oë so laat blink?
4

Tydens die reünie het #BoerRohan se oë besonders baie geblink – en ons almal weet dat dit net die liefde kan wees wat so met ’n mens toor. Ons moes eenvoudig net inloer en hoor hoe dit met dié boer gaan.

Hoe gaan dinge tussen jou en die ‘mystery-woman’?

“Die dame oor wie ek by reünie gepraat het is die mees spontane, opregste en mooiste vrou wat ek ken. Sy is ʼn onderwyseres in Somerset Wes. Ons het destyds saam op Wellington studeer. Ons was nog altyd baie goeie vriende, maar met die wat ek destyds na die Noord-Kaap verhuis het, het ons kontak verloor. Met hierdie reeks het ons weer begin gesels en van daar af is dit net wow. Sy trek binnekort plaas toe. Hier is ʼn geleentheid vir haar op die plaas so ons dinge val nou baie mooi in plek. Die lang afstand ding is vir ons albei baie moeilik, so  ons kan nie wag dat die skuif gebeur nie.”

Sal jy die reeks vir ander boere aanbeveel?

“Ek sal die reeks definitief vir ander aanbeveel. Dis ʼn ongelooflike ervaring en mens ontmoet so baie nuwe mense. Elmarie, Berdene en die hele span maak dit ook vir ʼn mens baie gemaklik. Ontsettend baie gelag deur hierdie hele reeks vir die ander boere en elke keer as mens terug dink kan jy nie help om ʼn glimlag op jou gesig te kry nie.”

Het jy nog kontak met die ander boere?

Ons het ʼn reünie groepie op Whatsapp gestig waar al die boere met hul pasmaats op is. Ons kommunikeer amper daagliks en beplan ook ʼn kuier of reünie van ons eie die jaar. Hoop dit kan so uitwerk.

Wie dink jy moet die volgende aanbieder wees?

Simone Nortmann moet die nuwe aanbieder wees Ek en my meisie albei mal oor haar.

Al wat ons weet is dat ons baie bly dat #BoerRohan iemand gevind het wat hom gelukkig maak.