Logo

Woordfees: Eksklusiewe Ballade Fliekpiekniek

Nuus
18 Maart 2015
Gelukkige Woordfees-gangers het onder ‘n lieflike verligte sterreruim, die geleentheid gekry om ‘Ballade vir ‘n Enkeling’ se eerste eksklusiewe voorskou te sien.
FK 4

Gelukkige Woordfees-gangers het onder ‘n lieflike verligte sterreruim, die geleentheid gekry om ‘Ballade vir ‘n Enkeling’ se eerste eksklusiewe  voorskou te sien.

Kan jy werklik nou ‘n meer magiese ervaring indink. ‘n Buitelug fliekervaring van een van die mees opwindende fliek vrystellings van die jaar. Die reuse skare was opgewonde en gereed om te sien of 'Ballade die fliek', dieselfde emosie sou ontlok as die reeks en die roman.

Die atmosfeer was belaai met elektrisiteit.

Die skare was van die eerste flits van die skerm, tot die begin van die rol van die eindkrediete, heeltemal vagenael aan die storie. Die storie en sy karakters het jonk en oud volkome ingesluk en die trane het plek plek vrylik gerol.

Die aand was ‘n reuse sukses en die reaksie tot die fliek gee mens nou nog hoendervleis.

As jy gedink het die reeks en die roman het jou geroer – Ballade vir ‘n Enkeling, die fliek, gaan jou hare volkome wegblaas en waarskynlik een van daardie flieks word, wat jy keer op keer met graagte weer sal kyk.

Hier is ‘n paar fotos wat op die aand van die geleentheid geneem is.

34 fk 4
34 fk 91
34 fk2
34 fk5
34 fk8
34 fk15
34 fk17
34 fk188
34 fp 17
34 fp20


* Hou kykNET se sosiale platforms dop, want ons bring ‘n rits lekker fliekpieknieks na die KKNK toe.