Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

“Wil jy my ook soen?” – Boer soek ‘n vrou

Nuus
27 Maart 2023
Louis M is nie bang om te sê presies waaraan hy dink nie!
Louis M BSV Artikel

Die lewenslustige wildsboer van Mabula het omtrent kykers aan die praat met sy pittige sê-goed en sy kleurvolle keuses in skoene!

In vandeesweek se episode moes hy ‘n moeilike besluit neem tussen Laurette en Anja. Hy het vir Anja gevra of sy langer sal wil aanbly op die plaas en tydens hulle eerste onderhoud saam met Marciel Hopkins het dié tweetjies alreeds dolverlief en verlore gelyk. Louis M het selfs erken dat hy nie kan wag om vir Anja te soen nie!

Louis M beskryf homself as iemand wat daarvan hou om nuwe plekke te verken en om “memories” te maak. Daarom kan ons net dink hoe opgewonde Louis is om in die volgende episode van Boer soek ‘n vrou vir Anja te gaan kuier en haar familie te ontmoet nie.

Een ding is verseker: Dié oulike paartjie gaan omtrent vele herinneringe maak om later op terug te kyk.

Kyk hier na ‘n kykie in Louis M se dag op die wildsplaas waar hy woon in Mabula: 

Boer Louis M
Boer Louis M
Boer Louis M
Boer Louis M
Boer Louis M
Boer Louis M
Boer Louis M
Boer Louis M
Boer Louis M
Boer Louis M
Gallery

Bly op hoogte van sake van Boer soek ‘n vrou deur in te skakel op kykNET, kanaal 144, Donderdae om 20:00 of stroom die episode op die DStv-app of Showmax. Gesels saam deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.