Logo

Wenners van die Leading Lady DVD's!

Nuus
24 Februarie 2015
Die Suid-Afrikaanse regiseur/vervaardigerspan van Henk Pretorius en Llewelynn Greeff bring Hollywood na jou huis met Leading Lady. Geluk aan die wenners van die Leading Lady DVD's!
748e40c3275d412a9367763b8866266c

Baie geluk aan die wenners van die Leading Lady DVD's:

-Elsabe Roux
-Christa von Gericke
-Ellen van Niekerk
-Elana Gouws
-Belinda Neyschens

Die Suid-Afrikaanse regiseur/vervaardigerspan van Henk Pretorius en Llewelynn Greeff bring Hollywood na jou huis met Leading Lady – ‘n kruis-kontinentale liefdesverhaal waarin “roem en die plaaslewe bymekaarkom” en alles meer is as net Hollywood se “ligte, kamera, aksie...! Jy kan een van die vyf DVD's wen as jy 'n eenvoudige vraag korrek antwoord.

Leading Lady is aan die einde van November 2014 landswyd in plaaslike rolprentteaters vrygestel en het reeds meer as R8 miljoen by die loket verdien. En nou kan jy Leading Lady in die gerief van jou eie huis geniet. Die DVD word op 14 Februarie 2015 vrygestel – ‘n eenvoudig onmisbare toevoeging tot jou DVD-versameling!

Plaaslike sterre soos Brümilda van Rensburg en Bok van Blerk skuur skouers met die internasionaal-bekende Ierse aktrise, Katie McGrath (Jurrasic World, Dracula) en Gil Bellows (Ally McBeal, Shawshank Redemption) in hierdie liefdesverhaal van ‘n Britse dramaskool-onderwyseres en aspirant-aktrise, Jodi Rutherford (McGrath), wat ‘n Suid-Afrikaanse boer, Kobus Willemse (Van Blerk) van Brandfort in die Vrystaat, oortuig om haar te help voorberei vir ‘n rol in ‘n belangrike rolprent as ‘n Afrikaanse oorlogsheldin. In ruil daarvoor onderneem Jodi om die jaarlikse konsert op die Willemse se plaas op die planke te bring.