Logo
Spoorloos Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Spoorloos

144Drama13 VL

Wat ons tot dusver weet – Spoorloos 3: Steynhof

Nuus
13 Augustus 2021
6 episodes in en #Spoorloos het ons op die punte van ons stoele.
bb

Die eerste 6 naelbyt-episodes van Spoorloos sorg vir pure spanning en die afwagting vir die volgende episode is net té groot.

Hier is wat ons tot dusver weet:
Therese sal enigiets (en ons bedoel enigiets) doen om haar geheim te beskerm
Met die afskop van die eerste episode het ons geleer dat Therese iets wegsteek. Haar leuens het nie ooreengestem nie. Ons het vinnig besef dat sy wel enigiets sal doen om seker te maak dat niemand die waarheid uitvind nie. Therese het geld geneem vir ‘persoonlike’ dade, haar eie lewe op die spel gesit, mense probeer omkoop en selfs van die gereg af probeer vlug. ‘n Ma sal alles in haar mag doen om haar kind te beskerm, en Therese se optrede bewys dat sy glo in haar hart dat sy Adri se ma is.

Xander is ‘n ware vriend
Al het Adri nie besef dat Xander slegs wou help nie, het hy bitter vinnig diep in kykers se harte ingekruip. Nie net het Xander seker gemaak dat Therese veilig by haar huis kom terwyl sy onder die invloed was nie, maar hy het uitgekyk vir Adri. Adri se veiligheid is sy eerste prioriteit en hy sal enigiets doen om haar te help. Selfs sy pa se uitdruklike bevele ongehoorsaam.

Conraad soek nie nét ‘n ‘scoop’ nie
Ons het verneem dat Conraad slegs ‘n joernalis is wat die sappigste storie, van die Steyns, soek om te verklap in sy koerant, maar na ‘n paar episodes en oomblikke met Joey, is dit duidelik dat hy ‘n gebroke man is. Joey het nie net sy hart gebreek nie, maar hom ook verneder.

Joey smag na ‘n glansryke lewe
Voor Joey ‘n lewe met Daniel op die plaas begin het, was sy ‘n kroegdame en ‘n ontkleedanseres. Sy wou haar lewe van armoede en sukkel agterlaat vir ‘n lewe van status. Met haar troue het die Steyns wel nie soveel spandeer nie en Joey het afgeskeep gevoel. Joey kon wel nie liefde vind by Daniel nie. Sy het steeds haar verhouding met Conraad behou, maar ook ‘n tweede buite-egtelike verhouding met Simon aangeknoop. Joey sal alles in haar mag doen om te verseker dat die Steyns, oftewel sy, nie die plaas se eienaarskap verloor nie.

Daniel steek iets weg
Daniel is ongelooflik geheimsinnig. Hy wil nie praat oor die aand wat sy broer en skoonsuster vermoor is nie. Sy verhouding met Simon het ‘n draai geneem, maar hy praat nie juis daaroor nie. Baie kykers vermoed dat Daniel moontlik Adri se biologiese pa is, maar ons sal moet wag en kyk of hierdie teorie enige feite het wat dit kan staaf.

Adri word beïnvloed deur die mense om haar
Met die eerste oogopslag het dit gelyk asof Adri ‘n wil van haar eie het. Sy het selfstandig voorgekom en dit het geblyk asof sy nie maklik deur iemand beïnvloed kan word nie. Maar met al die leuens en bespiegelinge wat kop uitsteek kan ons haar nie blameer dat sy nie meer weet watter rigting om na te draai nie. Wie kan sy nou eintlik glo of selfs vertrou?

Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram en onthou om Dinsdae om 20:00 in te skakel vir #Spoorloos.