Logo
Spoorloos Slim Homepage 1600x160
web uni tv guide

Spoorloos

144Drama13 VL

Die finale voorspelling – Spoorloos 3: Steynhof

Nuus
24 Augustus 2021
Voor die finale episode van die derde seisoen van Spoorloos kyk ons na hoe kykers se voorspellings verander het met elke episode soos meer leidrade onthul is.
BB

Dinsdag 24 Augustus om 20:00 hoop ons om te sien wie die Steyn’s vermoor het. Sal kykers ‘n finale antwoord ontvang om dié hoofstuk te kan aflsuit? Die finale, spreekwoordelike, spyker in die doodskus wat elke kyker brand om te weet.

Maar dit het nie kykers gekeer om reeds van episode een af hul voorspellings te uiter nie. Vanaf plaaswerkers, Liena en Simon April, tot broer en swaer, Daniel en sy vrou Joey Steyn.

Van die eerste keer wat ons Joey gesien het met ‘n geweer in die hand, het kykers begin glo dat dit dalk sy is wat die moorde gepleeg het, of selfs georkestreer het. Kykers het glo gedink dat Daniel en Susan ‘n buite-egtelike verhouding aangeknoop het en dat Daniel wel Adri se biologiese pa is. Dit gee Joey die nodige motief om Susan skade aan te doen. Maar met die houvas wat sy oor Simon het, weens sy gevoelens vir haar – glo kykers dat sy Simon gebruik het om die moord op Susan uit te oefen. En, dan natuurlik, het Simon die plaasaandeel-kwessie gebruik as ‘n verskoning om óók Herman te skiet.

Joey het almal se hoofverdagte gebly met opvolg episodes. Kykers het ook genoem dat hulle dink dat Liena met die baba gevlug het oor sy bang was dat Joey Rochelle sal vermoor as sy die kans kry.

Die voorspellings het begin draai op Herman en dat dit moontlik ‘n gesinsmoord was. Baie glo dat Daniel, Adri se biologiese pa is en wanneer Herman uitvind, dat hy sy vrou geskiet het en toe die geweer op homself gerig het.

Met meer en meer leidrade wat gesig begin wys het, het dit al meer begin lyk asof Daniel skuldig was. Maar kykers het daarteen geskop. Is dit weens Daniel se sagte persoonlikheid of net oor hy sag is op die oog? Joey en Simon het die hoofverdagtes gebly met ‘n paar kykers wat steeds dink dat Herman moontlik beide sy vrou en homself geskiet het.

Met die onthulling van Conrad en Joey se verhouding het dit gelyk asof Joey dalk Conrad kon gebruik het om haar vuilwerk te doen. Die kykers het gespring tussen Simon en Conrad vir die dade maar gebly by Joey vir die beplanning. Kykers wou steeds nie glo dat dit Daniel was nie, en het bly sê (of bly hoop) dat hy eerder op Joey afgekom het en die geweer by haar geneem het na sy die moorde gepleeg het.

Met die afwagting van die laaste episode het verskeie verdagtes al deur elke kyker se gedagtes gehardloop. Maar een idee was universeel gedeel: Almal hoop dat Adri veilig sal wees aan die einde!

Skakel vanaand om 20:00 in vir die finale naelbyt-episode van Spoorloos.