Logo

Vrydagnag Laat: Flieks

Nuus
23 Februarie 2015
In Vrydagaand se uitsending van Vrydagnag Laat het aanbieder Melt Sieberhagen die sangeres en aktrise Steffie le Roux in die studio verwelkom.
kn_vrdagnaglaat_20150220_rolanda_marais

Rolanda Marais, Steffie le Roux, Jan-Hendrik Burger en Berdene du Toit kom gesels oor die plaaslike fliekbedryf.

In Vrydagaand se uitsending van Vrydagnag Laat het aanbieder Melt Sieberhagen die sangeres en aktrise Steffie le Roux in die studio verwelkom. Le Roux is bekend om haar rolle in Stuur groete aan Mannetjies Roux en Verraaiers.

Francois Toerien het met die aktrise Rolanda Marais oor die Suid-Afrikaanse fliekbedryf en haar onlangse verlowing aan die TV- en rolprentregisseur Jozua Malherbe gesels. Marais meen dit gebeur baie dat ’n fliek se draaiboek afgeskeep word. Sy vertel dat sy nie ’n rol sal aanvaar as sy nie hou van wat sy in die draaiboek lees nie.

Die regisseur Jan-Hendrik Burger en vervaardiger Berdene du Toit kry dit reg om saam te woon én werk. Dié twee se kortfliek, Almon, Henry (Nataniël is hierin te sien), gaan binnekort op kykNET wys. Hulle het boonop verklap daar is ’n TV-reeks in die pyplyn.