Logo
Spoorloos 1600x160 Slim Homepage

Verlore stukkies wat pas - Spoorloos 2

Nuus
18 Augustus 2020
Ons ontdek groot stukke van die legkaart in episode 5 en 6. Kom kyk saam.
spoorloos cover

In episode 5 van hierdie raaiselagtige drama ontdek Adam en Christa uiteindelik ‘n paar verlore stukkies van die legkaart.

Adam probeer vir Hannes konfronteer en eindig op by Gawie se lodge waar die buffels en selfs Tannie Liesl vol leuens is. Sy onthou hoe sy alles gesien het wat daardie aand by die lodge gebeur het, maar hou dit vir haarself.

Christa se geduld met Adam en sy obsessie met Bettie se dood dreig haar uiteindelik om hom te konfronteer en sy smeek hom om asseblief op te hou sodat hulle kan terugkeer na normaal.

Kort na Hannes ‘n hartaanval voor Adam se huis gekry het, gee hy vir hom ‘n baie belangrike stukkie inligting wat ‘n helder lig op die donker verhaal skyn. Adam gaan gesels met sy beste vriend Ben en leer presies wie Bettie daardie aand seergemaak het.

Episode 6 begin met nog antwoorde waar Adam vir Wanda in geheim ontmoet. Wanda vertel vir Adam hoe sy gesien het wat met Bettie gebeur het en dat sy doodsdreigemente ontvang van Yvette af.

Adam, Leo en Christa maak ontdek dat Yvette nie dood is nie, maar skuil in Pretoria. Adam vlieg die nag in om antwoorde te kry, maar Christa is bekommerd en bel vir Frans om te kom help.

Iemand het vir Yvette gewaarsku dat Adam oppad is en kort na sy die woonstel vlug het Frans vir Adam kom smeek om op te hou grou.

In hierdie episode leer ons dat nie almal is wie hulle sê hulle is nie en dat jy nie altyd die mense naaste aan jou kan vertrou nie.

Gallery

Die heksejag is vêr van klaar in Spoorloos. Onthou om elke Dinsdag om 20:00 in te skakel op kykNET, DStv kanaal 144 en volg die feite saam op FacebookTwitter en Instagram deur die hutsmerk #Spoorloos te gebruik.