Logo

Verken lieflike Tulbagh

Nuus
01 Mei 2015
30-10-2014Col4405-2_article-300x200

Koekedoor is verlede jaar verfilm by die pragtige Twee Jonge Gezellen-wynplaas buite Tulbagh, en die deelnemers en produksiespan het ’n maand lank op dié skilderagtige dorpie vertoef. As jy lus het om self besoek af te lê, is hier meer inligting.

Tulbagh is deel van die Kaapse wynlande, sowat 120 km buite Kaapstad, en ’n gewilde bestemming vir troues. Afgesien van Twee Jonge Gezellen, die tuiste van Krone, sluit die omgewing se wynplase in Saronsberg, Lemberg, Drostdyhof, Tulbagh Winery en Montpellier met sy lieflike kapelletjie.

Naby Saronsberg is die Vindoux-gasteplaas en dagspa, vir diegene wat ’n bietjie pamperlang wil word. By Vindoux en ander plekke kan aktiewe siele fietse huur, of gaan ry perd by die Tulbagh Horse Trails.

Die dorpie het heerlike restaurante. Probeer gerus die Belgian Kitchen (voorheen by Paddagang), Readers Restaurant (veral vir katliefhebbers), die Olive Terrace Bistro by die Tulbagh Hotel, en die Waverley Hills Restaurant met sy pragtige uitsig.

Dis nie al nie: Die Saronsberg-teater, deel van De Kreeft Restaurant, bied live musiek elke Vrydag- en Saterdagaand, en ’n gratis vertoning Sondae oor middagete.

Soos dit enige geskiedkundige dorp betaam, is daar ook museums, waaronder Huis No. 4 wat die aardbewing van 1969 gedenk, sowel as die Oude Kerk Volksmuseum en De Oude Drostdymuseum.

Vir meer inligting, besoek Tulbagh Tourism en Tulbagh Wine Route.