Logo

Vang rugby-gees op kykNET NOU!

Nuus
19 September 2019
Vir die eerste keer in kykNET se 20-jarige bestaan, gaan een van hulle kanale regstreeks die opwinding van wedstryde by die Rugby Wêreldbeker deel.
Geesvang

Voor al Suid-Afrika se wedstryde, asook alle uitspeelwedstryde ná die kwarteindrondte, gaan Geesvang op kykNET NOU! (Dstv-kanaal 146) uitgesaai word. Geesvang sal bestaan uit gesprekke deur kundiges, wat verskeie Springbokke soos Naas Botha, Kobus Wiese, Schalk Burger, Werner Swanepoel, Breyton Paulse en Victor Matfield insluit. Ná wedstryde is Eindfluitjie aan die beurt waarin die pas afgelope kragmetings bespreek sal word. Geesvang is ’n uur lank en Eindfluitjie ’n halfuur. Die besprekings in Engels voor en ná wedstryde is steeds op SuperSport 1.

Die Wêreldbekergees loop hoog op die kykNET-kanale met programme soos In Japan, Ja! waarin Vanes-Mari du Toit en Hamilton Wessels agter die Bokke aan in Japan rondreis en die land se ryk kultuur ervaar. Skakel gerus in vir In Japan, Ja! elke Saterdag om 18:30.

Erns Grundling was sommer vroeg uit die blokke en het Japan gaan besoek in die opvolg van sy trefferreeks Elders: Die Camino. Die laaste episode van Elders: Japan word op 24 September om 21:00 uitgesaai. En dan sal Toks, Breyten en Janina natuurlik steeds elke Vrydag insigte, verwagtinge en voorspellings in Toks en Tjops deel.

Die tye vir die Springbokke se wedstryde is as volg:

SA teen Nieu-Seeland – 21 September

Geesvang – 10:30 tot 11:30

Eindfluitjie – 13:45 tot 14:15

SA teen Namibië – 28 September

Geesvang – 10:30 tot 11:30

Eindfluitjie – 13:45 tot 14:15

SA teen Italië – 4 Oktober

Geesvang -  10:30 tot 11:30

Eindfluitjie – 13:45 tot 14:15

SA teen Kanada – 8 Oktober

Geesvang – 11:00 tot 12:0

Eindfluitjie – 14:15 tot 14:45

Die eerste kwarteindrondtes is op 26 en 27 Oktober, die brons-eindstryd op 1 November en die eindstryd word op 2 November gespeel.