Logo
OSSS
web uni tv guide

Op Seer Se Spoor

145Dokumentêr13 V

Uit Ernusta se Notaboek: Vrae oor Michaela Williams-saak

Nuus
27 November 2021
Ernusta beantwoord kykers se vrae na dié week se episode.
OSSS   1

Andrea M Engelbrecht: Kan die staat verantwoordelik gehou word? En watter kwalifikasies het die paroolbord wat hulle instaat stel om iemand as 'rehabilitated' te aanskou?

Hi Andrea. Ek is nie ‘n regskenner nie, daarom sal ek nie hierdie vraag bevredigend kan beantwoord nie. En wat die paroolraad betref, het hulle hul eie prosedures waarvolgens hulle werk. Maar die regskenner wat ek in hierdie episode ‘n onderhoud mee gevoer het, raai die publiek aan om eers al die stappe wat hy gegee het, te volg. Die eerste beginpunt as jy ontevrede is oor hoe iemand se parool hanteer word, en as jy direk daardeur geaffekteer word, is om met die departement korrektiewe dienste te skakel en die nodige stappe van daar af te volg. Dis belangrik dat jy seker maak jou stem word gehoor.

Alexiane Klate Jacobs: How do one move forward in life after so much pain?

Hi Alexiane. What I’ve learned in the three seasons that I’ve done this show, is that people who suffer this kind of unthinkable pain, never gets over it, no matter how long ago their loved-one was murdered. And this is also what I want people to realise: don’t expect these people to “just get over it” just because a certain amount of time has passed. The families of murder victims just find a new way to live and function with the pain, but sadly it is always there. What I’ve also learned is how important it is to speak about your pain and to seek professional help if you can’t cope.

Mayleen Clark: My vraag is, kry die families ooit berading? 

Hi Mayleen. In my ervaring, sal berading baie help, maar wat ek geleer het is dat dit vir hierdie mense ’n baie persoonlike keuse is. Baie kies om self en op hul eie manier deur hul seer te werk, terwyl ander berading sal oorweeg op die regte tyd vir hulle.

Fransina Jordaan: Waar is ons reg tot veiligheid as die gereg bang is vir die oortreders? Bring die doodstraf terug!!!! Stem jy saam oor die doodstraf?

As ek kyk na die toestand waarin ons regstelsel tans is, dink ek nie as ‘n land het ons die nodige in plek om die doodstraf terug te bring nie. Ons regstelsel moet reg en behoorlik werk vir almal voordat ons dit selfs kan oorweeg. Net soos wat tronkstraf nie ’n afskrikmiddel vir sommige oortreders is nie, sal die doodstraf ook nie wees nie, in my opinie. Wat ek dink ons wel moet doen, is om eerlik na ons regstelsel te kyk en te vra wat werk en wat werk nie. En wat anders ons kan doen om die misdaadprobleem aan te spreek. Om te begin sal ek sê, hersien die paroolstelsel sodat “lewenslank” presies dit kan beteken vir oortreders wat gekwalifiseerde kenners kan getuig nie rehabiliteerbaar is nie en dieselfde misdaad weer sal pleeg as hulle die vrygelaat word.

Michael Adams: As sy net daardie moeders kan help om amptenare wat toestemming gegee vir parool aan die pen te laat ry, sal dit vir daardie moeders baie beteken. Kan sy? En hoe kan die publiek help met hierdie saak asook soortgelyke sake?

Hi Michael, in hierdie spesifieke saak het die regter (luidens hofberigte) die betrokke korrektiewe dienste amptenaar in die hof aangevat oor die manier waarop hy sy werk gedoen het. Of enigiets anders daarna gebeur het, kon ek nie betyds vasstel nie. Ek kan ongelukkig nie mense se gevegte namens hul veg nie, en baiekeer is dit iets waarvoor mense nie die energie het, omdat hulle alreeds met so baie moet deal. Daarom is dit vir my belangrik om die kykers deur middel van kenners se insae te bemagtig met kennis sodat hulle weet wat hul opsies en regte is, as hulle voel hulle is gefaal of ‘n onreg aangedoen. Ons moenie magteloos voel nie. Daarom as mense petisies optrek, kyk daarna en kyk of jy dit wil ondersteun, om op hierdie manier steun te gee aan betrokke families, soos die petisie van Leigh Visser wie haar broer, Warren, in die Sizzlers-slagting van 2003 verloor het.

Skakel volgende week om 20:00 in vir die volgende saak wat Ernusta gaan ondersoek.