Logo
PROJEK DINA

Chelsea wys haar veelsydigheid – Projek Dina

Nuus
12 April 2022
Chelsea Thomas is een van die gasspelers in die sewende episode van Projek Dina.
Projek Dina

Foto: vanuit episode 7 van Projek Dina

Chelsea Thomas, bekend vir haar rolle in Arendsvlei en die tweede seisoen van Alles Malan, is een van die gasspelers in vandeesweek se episode van Projek Dina.

  1. Vertel meer van jouself. Waar kom jy vandaan en wanneer het jy besef jy wil ’n aktrise word?
    Ek het in Kraaifontein, Kaapstad grootgeword by my enkelma en ouma. Ek dink nie ek het ooit besluit om ’n aktrise te word nie. Dit was net iets wat ek altyd geweet het; dit was altyd daar. Dis meer van ’n onbeskryflike, onmiskenbare gevoel so ek moes net aksie agter dit sit!
     
  2. Wat het jy die meeste geniet van jou rol in Projek Dina?
    Dit was ’n lekker uitdaging veral omdat die karakter so kompleks is. Tracey het ’n moeilike verlede agter die rug en dit maak soveel sin dat Colette ’n ander lewe vir haarself geskep het. Ek het dit ook baie geniet om ’n rol van iemand my eie ouderdom te vertolk. Ek is gewoond daaraan om die rolle van tienermeisies te vertolk so dit was lekker om bietjie veelsydig te wees.
     
  3. Jy was ook in Alles Malan. Wat is jou beste herinneringe van die reeks?
    Ons het Alles Malan in Paarl en Wellington geskiet by die mooiste venues en ek was versot daarop. Ek is mal oor location shoots so ek het elke dag uitgesien om iets anders met die lekker Alles Malan-span te ervaar. 


     
  4. Waarmee is jy op die oomblik besig en wat is jou planne vir die res van die jaar?
    Ek is tans besig om Arendsvlei te skiet en ek geniet dit so baie omdat my karakter deur ’n baie groot transformasie gaan wat weer eens vir my geleentheid gee om veelsydig te wees. Ek sien uit daarna om nuwe projekte aan te vat, hopelik my eerste film ook.
     
  5. Saam met wie sal jy nog graag wil werk?
    Hierdie lys is oneindig, maar om ’n paar te noem – Nicole Fortuin, Brendon Daniels, Crystal Donna Roberts... Ek wou ook baie graag saam met Shaleen Surtie-Richards wou werk.
     
  6. Wat is die lekkerste ding om oor naweke te doen?
    Ek is mal oor die natuur so ek spandeer amper elke naweek by die see. 


     
  7. Watter liedjie laat jou dans?
    Enige “amaPiano”-liedjie.
     
  8. Watter fliek laat jou huil?
    Me Before You.
     
  9. Wat is altyd in jou yskas?
    Komkommer.
     
  10. Wat is jou grootste droom?
    Om op interanasionale vlak sukses as aktrise te behaal.

Kyk hier onder hoe pronk Chelsea voor die kamera in die sewende episode van Projek Dina:



Skakel elke Dinsdagaand om 20:00 in vir ’n nuwe episode van Projek Dina. Jy kan ook saam gesels op sosiale media deur die hutsmerk, #ProjekDina te gebruik op FacebookTwitter en Instagram