Logo
In die ysterhand se greep slim BB
web uni tv guide

In Die Ysterhand Se Greep

145Telenovela13 VL

SWIRL: ’n Liefdesbrief vir hare op die Kaapse Vlakte binnekort op kykNET&kie

Nuus
17 Maart 2021
SWIRL wys Sondag 21 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en sal ook beskikbaar wees op Showmax.
output

Elaine Williams se innerlike GPS is op “kroes-control”... Gaan sy uiteindelik haar natuurlike self omhels?

Dís die groot vraag ter sprake in die nuutste televisie film, SWIRL, wat eksklusief Sondag 21 Maart 2021 om 20:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145, uitgesaai word.

1
5
8
6
7
3
2
4
Gallery
1

Quanita Adams (Sara se Geheim, Arendsvlei) is die skrywer en regisseur van SWIRL – ’n eerste vir hierdie veelsydige Suid-Afrikaanse kunstenaar.

SWIRL is ’n liefdesbrief vir hare, spesifiek hare op die Kaapse Vlakte. Alhoewel dit een jong vrou se storie vertel, is dit regtig ons almal se storie. Dis oor ons oumas, ma’s en dogters. Dit ondersoek idees rondom “goeie hare” asook om “ordentlik” te lyk,” sê sy.

Adams beskryf haar eie hare in menigte aspekte.

“My hare is my politiek, my feminisme, my mode, my teenkanting, my identiteit, my verdediging, my als en my niks in besonders... Dis complicated!”

“Maar hierdie stories moet vertel word en hierdie is slegs die eerste een. Ek hoop regtig gesprekke spruit hieruit,” voeg sy by.

Sedert ’n jong ouderdom was Elaine Williams frustreerd met haar eie hare. Sodoende por sy haarself aan om ’n loopbaan te bou om vir andere te doen wat sy vir haarself geleer het – om jou hare in onderdanigheid te tem! Nadat sy uit RAVEN, die befaamde haarsalon en kollege, geskop word, moet sy elke sent omdraai terwyl sy toekyk hoe haar droom om haar eie haarsalon te besit, stadig maar seker verdwyn...

Die stres eis ’n tol op hierdie 20-jarige en dis nie nie al wat van haar verdwyn nie. Sy moet dan ’n moeilike besluit neem soos die modegeure in haarsorg ’n dramatiese skuif na die omarming van natuurlike hare teweegbring. Skielik raak sy daarna aangetrokke maar om vorentoe te beweeg blyk steeds om ’n uitdagende proses te wees. En indien sy voortbou op haar nuwe pad, sal sy haar rug kan draai op haar groot droom?

Adams sing ook die temalied, She’s a Girl, wat spesiaal vir haar geskryf is deur haar vriend, Dr. Marc Hendricks.

Die rolverdeling van SWIRL sluit in Chanelle Davids, Vinette Ebrahim, Shaleen Surtie Richards, Ilse Klink, Bianca Flanders, Basil Appollis, Maurice Carpede, Veronique Jepthas, Khadija Heeger, Gerwen Simon, Celeste Matthew-Wannenburgh en Aisha Nel.

“Die rolverdeling en tegniese span is ongelooflik. En wat ’n voorreg om die geleentheid te kry om met veterane te werk! Om met mense te werk met wie ek grootgeraak het en na wie ek opkyk... Elkeen van hulle het ook hul eie ervaringsreis met hulle hare en só dra ons elkeen ’n bietjie van hierdie film met ons,” sluit sy af.

Adams bedank ook Amanda Carpede van Cape Town Naturally vir haar raad en ondersteuning. SWIRL is deel van kykNET en M-Net televisiefilmprojek en word deur Nagvlug Films vervaardig.

SWIRL wys Sondag 21 Maart om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en sal ook beskikbaar wees op Showmax.