Logo

SuperRugby keer terug na die kassie

Nuus
20 Februarie 2017
Die span van SuperRugby is vanaf Maandag 27 Februarie om 21:00 weer terug op kykNET&kie!
Superrugby 2017

Die span van SuperRugby is vanaf Maandag 27 Februarie 2017 om 21:00 weer terug op kykNET&kie!

Dié weeklikse program word aangebied deur Kobus Wiese, wat deur ’n paneel bygestaan word. SuperRugby is dié plek “waar jy elke Maandagaand jou sê kan sê oor Superrugby, Curriebeker, Varsitybeker en Bokrugby!” sê Wiese.

Op die paneel is Victor Matfield, Ashwin Willemse, Breyton Paulse, Jean de Villiers, Werner Swanepoel en Derick Hougaard.

“Ek kan nie wag vir SuperRugby om te begin nie,” sê Victor. “Ek is baie opgewonde om te sien watter van ons spanne die vaandel gaan dra, alhoewel ek dink die span in blou kan dalk net die een wees.”

“Ek is super opgewonde oor die nuwe seisoen,” sê Breyton. “Bly ingeskakel, want ons gaan vir jou vars nuus en al die gebeure op en van die veld af bring. Dis die program waar jy jou sê kan sê – ons draai nie doekies om nie”.

Kobus en sy paneel gaan elke week ook kyk wat op sosiale media gesê word en kykers se oproepe neem.

Kyk SuperRugby, Maandae om 21:00 op kykNET&kie (kanaal 145).