Logo
web uni tv guide

Laataand By Rian

144Geselsprogram13

"Laataand met Rian" keer terug met ’n bielie van ’n tweede seisoen

Nuus
13 Desember 2023
In die tweede seisoen maak almal van magnate tot grapmakers, vuurvreterpolitici en ’n koninklike ’n draai.
Rian van Heerden talk show host

Die gewilde TV-aanbieder Rian van Heerden is weer gereed om reguit met die land se grootste nuusmakers te praat in die tweede seisoen van Laataand met Rian, wat op 2 Januarie 2024 op kykNET (DStv-kanaal 144) afskop.

Kykers van die eerste seisoen sal onthou dat Rian altyd met ’n nuusmaker in die eerste segment van die program gesels en dan sluit ’n tweede gas as ’n verrassing by hulle aan. Die tweede gas is gewoonlik een van die interessantste mense met wie Rian iewers paaie gekruis het. Dit alles gebeur by sy restaurant in Pretoria, Delizioso.­­

Rian is baie opgewonde oor die tweede seisoen. “Ek dink veral die kombinasie tussen ons hoofgaste en verrassingsgaste is iets om na uit te sien. Ek hoop om by elkeen iets te leer – nie net oor myself nie maar oor Suid-Afrika en moontlike oplossings vir ons uitdagings,” sê Rian.

Onder die gaste wat laas saam met Rian gekuier het, tel Dozi, Cilliers Brink, Angie Oeh, Carl Niehaus en Hlaudi Motsoeneng.

In die tweede seisoen maak almal van magnate tot grapmakers, vuurvreterpolitici en ’n koninklike ’n draai. 

In die eerste episode verwelkom Rian die leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi. Songezo verduidelik hoekom sy party die beste keuse vir die komende verkiesing is en waarom daar nog hoop is.

Daarna kan kykers uitsien na die omstrede aktivis en skrywer Dan Roodt. Twee van sy werke is in die tagtigs deur die staat verban, en hy is steeds teen die regering en glo dit of nie, hy braai graag.

Ander gaste wat saam met Rian kom kuier, sluit in Elandré, Thys die Bosveldklong, Glynnis Breytenbach en Tereza Troskie-Herbst.

  • Skakel Dinsdae vanaf 2 Januarie 2024 om 21:00 in op kykNET (DStv-kanaal 144) om die tweede seisoen van Laataand by Rian te geniet. Die reeks sal ook op DStv Catch Up en DStv Stream beskikbaar wees.