Logo

Suidoosterfees 2015

Nuus
16 April 2015
Die 12de Suidoostefees beweeg vining nader en vanjaar waai die Winde van Verandering vanaf 28 April 2015 tot 3 Mei 2015 deur verskeie bestemmings in Kaapstad.
Suidoosterfees logo

28 April - 3 Mei 2015/Artscape/Fugard/Baxter/Welgemeend/Grandwest Arena/Kaapse Stadsaal/Garden Court Teater

Die 12de Suidoostefees beweeg vining nader en vanjaar waai die Winde van Verandering vanaf 28 April 2015 tot 3 Mei 2015 deur die Artscape-operahuis, die Fugard- en Baxter-teater, Grandwest Arena en ander bestemmings in Kaapstad.

Vir diegene wat mal is oor komedie, het ons een van die land se top buiksprekers Conrad Koch en sy “Meester” Chester Missing op die planke, die immergewilde Emo Adams in Finding Emo en die drama Die Ongelooflike Reis van Max en Lola met Vinette Ebrahim en Chris van Niekerk.

Wie het lus om te luister na die klanke van Vocal Mania by die Garden Court-teater met bekendes soos Terry Fortune, Loukmaan Adams en die nuweling Robin P?

Die kabaret Slegs vir Almal pas perfek in met vanjaar se tema, “Winde van Verandering” en word deur Northlink Kollege aangebied.

Christo Davids, Shaleen Surtie-Richards, Crystal Donna Roberts en die Safta-wenner Brendon Daniels speel in die bekroonde drama van 1971, Siener in die Suburbs, wat in die kykNET-teater by Artscape afspeel.

Al ooit gehoor van die kunstenaar Vincent van Gogh? Kom sien hoe Christo Davids dié storie omskep en dit lewe gee met twee bekendes in die hoofrolle, Jody Abrahams en Wayne van Rooyen, in Sonneblom.

Op ’n klassieke front is daar onder meer Menotti se Opera The Medium met Elizabeth Frandsen en Amanda Osorio deur Matthew Wild, die Son op Sondag Koorgala met Louis Loock en Rouchelle Liedeman, Winds of Change Klassique onder leiding van Brandon Phillips met sopraan Lynelle Kenned en die Odeion Strykkwartet met Zanne Stapelberg.

Bespreek ook vir die ZipZap Sirkus, Bo-Kaap Meander en Afri-Visie. Kaartjies verkoop vining by Computicket.

Of, kry jou kaartjies by die splinternuwe SOF-kaartjiekantoor op die grondvloer van die Media24-gebou.

Gaan loer gerus op ons webtuiste www.suidoosterfees.co.za vir ’n volledige feesgids en dagprogram.