Logo

Slank: Yolandé Crous

Nuus
14 November 2016
Ons het met die sesde deelnemer, Yolandé Crous, gesels oor haar ervaring op Slank.
Slank

Ons het met die sesde deelnemer, Yolandé Crous, gesels oor haar ervaring op Slank:

Wat het jy geleer:
Jy as persoon kan enige iets doen, glo net in jouself en wys almal jy kan dit doen.

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?
Ek voel ongelooflik en fantasties – soos ’n splinternuwe mense. Gesond eet en oefening is nou ’n groot deel van my lewe. Ek het baie meer energie en voel ek kan baie meer dinge aanpak.

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?
’n Hoogtepunt van my Slender Wonder-reis was toe ek mettertyd van my groter klere ontslae kon raak.  Ek dra nou ’n nommer 14.

Hoe meer gewig ek verloor het, hoe meer gemotiveerd het ek geraak.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?
Ek is baie lief vir son en somer en hou glad nie daarvan om koud te kry nie. Deur hierdie ervaring het ek permanent koud gekry en dit was nou maar glad nie lekker nie.

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?
Hier wys ek vir die kykers dat Slender Wonder se formule 100% werk. Die belangrikste was net om voorsorg te tref en goed te beplan. Ek het my kos gepak vir die dag sodat ek nie in die versoeking gestel sou word deur die verkeerde etes nie.

Die komplimente wat ek gereeld kry laat my selfbeeld blom.

Dit was ’n moeilike, lang proses, maar ek sal dit maklik weer doen om te kan voel soos ek vandag voel.

Lees meer oor die vierde deelnemer, Carol Herbst, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.