Logo

Slank: Thea da Silva

Nuus
19 Desember 2016
Ons het met die twalfde deelnemer, Thea da Silva, gesels oor haar ervaring op Slank.
Slank_Cara
Ons het met die twalfde deelnemer, Thea da Silva, gesels oor haar ervaring op Slank.

Wat het jy geleer?
Ek kan met eerlikheid sê dit is die heerlikste ervaring wat ek nog ooit gehad het. Die mense wat ek ontmoet het, en om saam met die verfilming mense te werk was net een groot avontuur – om nie eers te praat van wat die gewigsverlies aan my hele leefstyl en gesondheid gedoen het nie. My selfvertroue is weer terug en dis wonderlik


Ek het geleer dat dit so belangrik is om seker te maak wat jy in jou mond sit – dit het ’n groot impak op jou lewe. Ek het geleer om my etes voor te berei, en gereeld te eet en nie etes oor te slaan nie. Ek het ook geleer om nie te gryp wat altyd in die yskas beskikbaar is nie, maar seker te maak dat die regte kosse in my kaste is. Ek het ook natuurlik geleer dat gesond eet ’n nuwe leefstyl is en nie sommer ’n quick fix is nie

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?
Nie net die wete dat ek nou in kleiner klere pas nie, maar dat my gesondheid soveel beter is. Ek is af van al my kroniese (suiker en cholesterol) medikasie af vandat ek op Slender Wonder is, en het soveel meer energie en lus vir die lewe. Ek voel sommer 20 jaar jonger! Ek kan weer doen waarvoor ek lief is: stap, hardloop en self ander oefeninge.

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?
Sjoe, ’n hoogtepunt vir my is eintlik my hele journey op Slender Wonder: al die wonderlike mense wat ek ontmoet het, die nuwe vriende wat ek gemaak het en die pad wat ek saam met my pragtige dr. Annelize Geldenhuis stap. Om ontslae te kon raak van al die groot klere en om nuwe klere te koop was natuurlik ook ’n hoogtepunt! En dan, daardie amazing feeling wanneer jy op die skaal klim en die kilogramme bly net val!

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?
Dit was so ’n wonderlike ervaring dat ek nie regtig aan enige laagtepunt kan dink nie? Dat dit dalk ’n moeilike aanpassings proses is? Ja, verseker... En dis nie altyd baie maklik nie, maar die eind-resultaat is so wonderlik dat jy nie enige laagtepunte behoort te hê nie – bly net altyd positief!

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?
Stick to the plan. Volg jou boekie, bly weg van negatiewe mense af, en hou doel voor oë – wat jou doelwit is. Beplan jou etes, en belangrikste, soos my dokter altyd sal sê: “As dit nie in jou boekie is nie, moet jy dit nie eet nie!”

Een wonderlike ervaring! Gryp dit met aan met jou hele hart en siel, en jy sal die vrugte daarvan pluk.

Lees meer oor die elfde deelnemers, Lindi Spies, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.