Logo

Slank: Ronel Tol

Nuus
28 November 2016
Ons het met die negende deelnemer, Ronel Tol, gesels oor haar ervaring op Slank.
Slank After Ronel Tol

Ons het met die negende deelnemer, Ronel Tol, gesels oor haar ervaring op Slank.

Wat het jy geleer?

Ek dink wat vir my die meeste uitstaan van hierdie hele ervaring is dat ek dit nie alleen gedoen het nie. Ons groep by dr. Annelize Geldenhuys het ’n baie sterk band gevorm en ons het mekaar opgetel en opgebeur as dit die dag nodig was. Dit is so maklik om tou op te gooi as jy op jou eie is – maar met die ondersteuning van die groep was jy nooit alleen nie.

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?


Ek voel weer of ek ‘mens’ is – asof ek nou weer die wêreld en die mense om my in die oë kan kyk. Dis nou lekker om aan te trek, mense te groet en gelukkig te wees!

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?


Definitief elke mylpaal wat ek behaal het. En ook om weer in al my klere te pas – die kleiner nommers en my gunsteling jeans! Dan ook al die komplimente en vrae, en die vertel en die deel met mense.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?

Seker maar daai tye wat jou kop uithaak en alles te veel raak! Maar gelukkig was daar nie so baie daarvan nie, en het die ander gehelp op jou weer bo te kry.

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?

Die eerste en belangrikste vir my was dat ek dit vir myself wou doen. My kop was reg – as jy nie in jou kop reg is nie gaan niks werk nie.

Kry meer maar kleiner doelwitte wat bereikbaar is en celebrate jou sukses!

Beplanning en voorbereiding is ook baie belangrik. Ek het my kos voorberei en saam gevat as ek na plekke toe moes gaan. Ek het dit as ’n geleentheid gebruik om ander te vertel en was glad nie skaam daaroor nie.

Lees meer oor die sewende en agtste deelnemers, Sonelle en Gerhard van Eyssen, se reise.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.