Logo

Slank: Roan Koekemoer

Nuus
02 Januarie 2017
Ons het met die veertiende deelnemer, Roan Koekemoer, gesels oor haar ervaring op Slank.

Ons het met die veertiende deelnemer, Roan Koekemoer, gesels oor haar ervaring op Slank.

Wat het jy geleer?
Ek het geleer hoe om gesond te eet, wat dit is om ’n gesonde leefstyl te handhaaf en hoe belangrik dit is vir my liggaam en gesondheid. Ek het ook geleer dat gesond leef is nie net blare en tamaties nie. Daar is baie maniere om gesond te leef op ’n lekker manier, sonder om slegte kosse in jou liggaam te sit.

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?
Dit was amazing! Ek het baie meer energie gehad, ek het baie ou gewoontes verloor en met nuwe gesonde gewoontes gevul. Ek is, byvoorbeel, nie meer permanent moeg nie, en ek slaap glad nie meer in die middae nie.

Ek het baie meer selfvertroue gekry, en kan in enige vertrek instap en weet ek lyk en voel baie goed! Die belangrikste vir my is dat my bloedruk baie hoog was voor ek gewig verloor het en nou heeltemal normaal is.

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?
My ervaring was nét ’n hoogtepunt gewees. Ek dink ’n hoogtepunt was om saam die kykNET-kameraspan te werk, asook om saam met Leandi du Randt op stel te kon wees. Die beste van alles? Die feit dat ek soveel gewig verloor het!

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?
Laagtepunte was tye wanneer my liggam moes registreer dat daar ’n verandering is. Dan het ek still gestaan met gewig. Daar was ook tye in die winter wat ou gewoontes my probeer onderkry het, en dan het ek maar net sterk gestaan.

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?
Eerstens moet jy self tot die besef kom dat jy oorgewig is, jou leefstyl is ongesond en jy as mens nie meer gesond voel nie. Jy moet jouself sielkundig voorberei vir die besluit wat jy maak om te sê: "Nou is ek moeg om oorgewig te wees, en dis nou tyd om my lewe te verander." Dan moet jy voluit hou en nie terugkyk nie, want as jy eers jou doel bereik het dan vergeet jy die ou self en fokus net op die nuwe jy! Sterkte!

Lees meer oor die elfde deelnemers, Cara-Ursula Oosthuizen, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.