Logo

Slank: Gerhard van Eyssen

Nuus
21 November 2016
Ons het met Gerhard van Eyssen, wat saam met sy vrou deelgeneem het, gesels oor sy ervaring op Slank.
Slank After Gerhard

Ons het met Gerhard van Eyssen, wat saam met sy vrou deelgeneem het, gesels oor sy ervaring op Slank.

Wat het jy geleer?

Jy as ’n individu het soveel potensiaal en soveel innerlike krag wat jy kan gebruik om ’n verskil in jou lewe te kan maak.

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?


Ek kan nou weer gholf gaan speel en sommer die karretjie nou los en eerder stap – en die natuur soveel meer waardeer. Ek voel vandag soos ’n nuwe mens!

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?


My hoogste punt was toe ek die 30 kg-baan gebreek het.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?

Die tyd wat jy minder voedsel moet inneem as waaraan jou liggaam gewoond is.

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?

Moenie wag vir Maandag nie – begin vandag nog! Lees jou Slender Wonder-bybel en ken jou moenies. Moenie kroek nie! Weeg jou kos – moenie minder of meer nie. Bo alles, geniet die program! Onthou, jy is besig om jouself en jou liggaam te verander – dis alles die moeite werd.

Lees meer oor die sesde deelnemer, Yolandé Crous, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.