Logo

Slank: Elize Ras

Nuus
31 Oktober 2016
Ons het met die vierde deelnemer, Elize Ras, gesels oor haar ervaring op Slank.
Slank Elize After

Ons het met die vierde deelnemer, Elize Ras, gesels oor haar ervaring op Slank:

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?


Ek voel móói, en het laas só gevoel toe ek 20 was – presies 29 jaar gelede. Ek is gesonder (my cholesterol was 9.4 toe ek begin het en nou is ek af na 4.3). Ek het nooit gedink ek sal so baie energie hê nie; ek kan mense in die oë kyk en hoef nie meer te sê “ek’s deliciously plump” nie. Ek sweet ook nie meer so baie nie en ek kan die wêreld aanvat. Ek wil nie “gat” skuur nie en wil glad nie meer by die huis sit nie – ek wil net rondloop, en al die komplimente is ongelooflik – dit is ’n lekker gevoel.

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?

Die dokters, veral dokter Annelize Geldenhuys en haar motiverende geselsies. Sy laat jou goed voel, al is jy ’n bietjie af – ’n regte omgee-dokter. Die Venus-behandeling vir ons bo-arms, die make-overs, die manicures … alles wat ek nie wou doen toe ek vet was nie. Nou was dit ’n absoulute hoogtepunt. Dan ook die mense wat ek ontmoet het – Yolande, Riaan, die kameraspan, Leandie en my mede-slankers: wat ’n fantastiese groep mense om saam mee te wees. Toe ek ’n e-pos ontvang het dat ek gekies is – daar en dan het my lewe verander. Dánkie Slender Wonder.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?


Dis moeilik om te sê. Ja die kos is minder, dis moeilik die eerste twee weke:  jy word lus vir brood, aartappels, koek en natuurlik pasta, maar dan is die twee weke verby en na jou reis sommer 45 kg ligter – WOW.

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?


Slender Wonder sal nie toelaat dat jy nie die gewig verloor wat jy wil nie – GLO my dit is die reine waarheid.

• As dit nie in die boekie is nie, moet dit nie eet nie.
• Die regte dokter is baie belangrik.
• Maak gebruik van die Slender Wonder-app en hulle ondersteuningsgroep op Facebook.
• Kry hulle resepteboeke (daar is twee) – nooit sal jy verveeld raak met kos-idees nie.
• Hou by die program, eet wat jy moet eet en 45 kg in 4-5 maande is so maklik. Kan julle glo ek se dit?
• Belangrikste wenk van alles, doen dit omdat jy wil. Die dae van klere koop en na winkels toe gaan wat groot nommers verkoop soos Donna en Penny Coelen is verby. Nou is dit Kelso, Diesel en noem dit – dit is so lekker. Ek het altyd 'n nommer 28 of 26 gekoop nou dra ek 'n nommer 12 of 14.

Lees meer oor die derde deelnemer, Cobus Fourie, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.