Logo

Slank: Cara-Ursula Oosthuizen

Nuus
26 Desember 2016
Ons het met die dertiende deelnemer, Cara-Ursula Oosthuizen, gesels oor haar ervaring op Slank.

Ons het met die dertiende deelnemer, Cara-Ursula Oosthuizen, gesels oor haar ervaring op Slank.

Wat het jy geleer?
Ek het op Slank geleer dat enige iets moontlik is met behulp van mense wat jou ondersteun. Die feit dat jy maer word en mense vir jou komplimente gee is net een aspek van die groter prentjie. Jy kry jou lewe en selfvertroue terug.

Hoe voel jy nadat jy die gewig verloor het?
Ek voel soos ’n nuwe mens, en dit voel vir my weer of ek die wêreld in die oë kan kyk. Ek het weer ’n lus vir die lewe.

Wat is die hoogtepunte van jou Slank-ervaring?
Die hoogtepunt van my journey was elke dag – die feit dat ek nog ’n dag kon kry om my lewe te verander, en dat ek weet dat ek nie die enigste een is wat sukkel en dit moeilik vind nie.

Wat is die laagtepunte van jou Slank-ervaring?
Daar was wel ook laagtepunte waar jy voel jy wil opgee want dinge raak te moeilik, maar dan dink jy net weer aan die eind-resultaat. Dan is alles weer die moeite werd. Ek het wel een week opgetel en dit was ’n moedbreker, maar mens staan weer op en doen weer jou bes.

Wat is jou wenke vir mense wat gewig wil verloor?
My wenk? Énigiets is moontlik, al voel dit nie so nie. Jou hulp kom van die Here en dan ook die wonderlike mense wat jou ondersteun en aanmoedig!

Lees meer oor die elfde deelnemers, Thea da Silva, se reis.

Ontmoet die res van die deelnemers hier.

Skakel in vir Slank, elke Sondag om 19:30.