Logo

Skoonmense 101 – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
30 Desember 2019
Jy hoef nie hierdie eerste ontmoeting te vrees nie...
Screenshot 2019-12-30 at 11.10.08

Enige goeie verhoudings bestaan in twee wêrelde – die eerste wêreld is die perfekte liefdes-borrel, wat die “lovebirds” eksklusief deel. Die tweede is die wêreld waar die paartjie se persoonlikhede, ervarings en geliefdes saamsmelt. Die belangrikheid van albei daardie wêrelde is dalk hoekom die eerste ontmoeting met ’n mens se potensiële skoonmense só vreesaanjaend kan wees.

As die gedagte van hierdie ontmoeting ook jou hande laat sweet – ontspan! Die kykNET-digitaal span het vir jou ’n paar wenke om jou liefie se geliefdes beïndruk.

  1. Kleredrag

Voordat jy jou swaelstertpak of glinsterende aandrok gaan afstof moet jy ’n paar belangrike besonderhede bevestig. Is die familie konserwatief? Wat is die weer? Is dit op ’n plaas? Waar gaan jy hulle ontmoet? As jy goeie navorsing doen kan jy seker maak dat jy gemaklik voel terwyl jy ook nie jou potensiële aanstaandes aanstoot gee nie.

  1. Wees beleefd

“Het jou ma jou nie maniere geleer nie!?” Dít wil ’n mens nooit van enige iemand se tannie af hoor nie. Doen jouself ’n guns en verseker dat jy vir almal groet. Moet ook nie vergeet om mense respekvol aan te spreek nie – dit is Oom So-en-so vir jou.

  1. Wys dat jy belangstel

Niemand hou van ’n mens wat net oor hulleself wil praat nie. Wys jou belangstelling in ander deur vrae vra en eintlik luister na wat hulle te sê het.

  1. Gee komplimente

Hierdie een is eenvoudig... wees sjarmant ;-)

  1. Help

Jou potensiële skoonmense sal daarvan hou om te sien dat jy ’n behulpsame mens is omdat dit wys dat hulle hul dogter of seun in goeie hande oorlaat. Jy kan iets tradisioneel aanbied soos om te help met skottelgoed of jy kan kreatief wees en uitkyk vir ander geleenthede om te help.

  1. Los die twis by die deur

Hou die gesprek lig vir die eerste paar ontmoetings. Vermy enige onderwerpe soos godsdiens of politiek wat baie vinnig skeef kan loop.

  1. Praat oor jou familie

As jy iets goed het om te sê oor jou familie dan is hierdie beslis die tyd om dit op te bring. Jou potensiële skoonmense sal altyd geïnteresseerd wees om te weet of familie belangrik vir jou is.

  1. Hou geheime

As jou sielsgenoot iets oor hulle familie gedeel het, respekteer hulle privaatheid. Moet dit nie bekend maak dat jy die “inside scoop” op familie-geheime het nie.

  1. Sluk stadig

Jy wil jou tyd saam met die familie geniet – maar nie teveel nie... Sorg dat jy jou drank- verbruik in toom hou.

  1. Moenie stres nie...

Met al hierdie wenke in gedagte, moet ook nie vergeet hoekom jy daar is nie. Jy wil ook sien of dit moontlik is vir twee wêrelde om saam te smelt. Wees net jouself.

As jy wil sien hoe die boere se skoonmense-ontmoetings afgeloop het, kan jy die episode op DStv Catch Up kyk. Deel ook jou wenke deur die hutsmerk #BoerSoeknVrou op Instagram, Facebook en Twitter te grbruik.