Logo

Sink-aktrise Shoki Mokgapa sterf

Nuus
27 September 2018
Shoki Mokgapa is op 25 September op die ouderdom van 34 oorlede.
Shoki-Mokgapa-sterf

Shoki Mokgapa in 2016 by die première van die Brett Michael Innes film Sink.

Shoki Mokgapa se dood is ’n groot verlies vir die Suid-Afrikaanse film- en televisiebedryf.

Die Sink-aktrise het op Dinsdag 25 September haar eie lewe geneem ná ’n lang stryd teen kliniese depressie en angstigheid. Die oorsaak van haar dood is Donderdagmiddag in ’n persverklaring, uitgereik deur die agentskap MLA, bevestig. Sy was 34 jaar oud.

Shoki was bekend vir haar rolle in die TV-reekse The Lab, Intersexions en Swartwater, en het plaaslike fliekliefhebbers se harte verower met haar vertolking van Rachel in die Silwerskermfees-bekroonde film Sink. Sy het ook ’n Safta-toekenning vir haar rol in die film ontvang.

Besonderhede rondom Shoki se roudiens en begrafnis moet nog bevestig word.

kykNET se innige meegevoel en simpatie gaan uit na Shoki se familie en vriende.