Logo

Schalk wil bederf – Boer Soek ’n Vrou 11

Nuus
16 Oktober 2018
Boer Schalk is nie skaam om sy romantiese sy te openbaar nie.
BSV-11-Schalk

Schalk (26) is ’n stadsjapie met ’n groot liefde vir die bosveld. Hy het in Pretoria grootgeword en is vandag ’n plaasbestuurder op ’n plaas geleë tussen Vaalwater en Ellisras in Limpopo, waar hulle skaars en eksotiese wild teel.

Hy is gaande oor die bos en die natuur, maar erken alleenwees is die moeilikste ding van ’n boer wees. In sy vrye tyd vang die boer graag vis, jag en geniet dit om foto’s te neem en sy hand aan potloodsketse te waag.

Schalk is netjies en hardwerkend, en ’n omgeemens. Hy hoop om eendag sy eie onderneming te hê, wil graag ’n helikopter-vlieënier word en droom van ’n kroos van sy eie. “Ek hoop maar vir ’n dogtertjie. Ek wil baie graag ’n plaasdogtertjie grootmaak,” sê hy. “Ek gaan haar ook oppas. Ek gaan daai oom wees wat op sy houtstoel sit en wieg met ’n shotgun en ’n ogie oor sy dogters hou.”

Hy geniet dit om die skoner geslag te bederf en moeite te doen. “Romanties hoef nie noodwendig iets duur te wees nie.”

’n Liefdevolle vrou gaan sy hart vinniger laat klop, maar sy moet darem ook iets vir die oog wees. “’n Mens kan nie dadelik verlief raak op die hart nie.”

Dis vir hom belangrik dat sy maat hom aanvaar en verstaan, en sy moet aanpasbaar wees.

Kom kyk elke Donderdag om 20:00 vanaf 18 Oktober 2018 hoe vanjaar se boere vaar in hul soeke na liefde! Gesels saam op Facebook, Twitter en Instagram.

Deel in die Boer Soek ’n Vrou-pret aanlyn en jy kan ’n kans staan om ’n middagete met aanbieder Leah en vier van jou virende te wen! Lees meer hier.