Logo
CW Slim BB BSV S15 Redelivery
web uni tv guide

Boer Soek 'n Vrou

144Realiteit13 L

“Sal jy vir baie lank bly?” – Boer soek ‘n vrou

Nuus
27 Maart 2023
Boer Louis B moes ‘n lewens veranderende besluit geneem het tydens vandeesweek se episode.
BSV Artikel Louis B

Dié 26-jarige saai- en beesboer van Ottosdal het beslis ‘n moeilike keuse gehad om te maak en het aan Marciel Hopkins erken dat hy aangetrokke voel tot beide Rachie en Cerecé. Hy het toe, na baie beredenering, besluit om vir Rachie te vra om langer op die plaas te kuier en om sommer “vir baie lank te bly”.

Louis B beskryf homself as 'n spontane, gedrewe en energieke mens met ‘n diep kant asook iemand wat lojaal is.

Ons kan nie aan iemand anders dink as die lewenslustige en gedrewe Rachie om verder ‘n pad saam met dié boer te stap nie. Dit help ook dat sy self van ‘n plaas afkomstig is en presies sal weet hoe ‘n plaas funksioneer. Ons glo Louis B het al vir Rachie bederf met ‘n lekker pizza, ‘n glasie wyn en ‘n mooi sonsondergang.

Louis B het foto’s vir die digitale span gestuur van ‘n tipiese dag in sy lewe:

Boer Louis B
Boer Louis B
Boer Louis B
Boer Louis B
Boer Louis B
Boer Louis B
Boer Louis B
Boer Louis B
Boer Louis B
Boer Louis B
Gallery

Bly op hoogte van sake van Boer soek ‘n vrou deur in te skakel op kykNET, kanaal 144, Donderdae om 20:00 of stroom die episode op die DStv-app of Showmax. Gesels saam deur die hutsmerk, #BoerSoeknVrou te gebruik op Facebook, Twitter en Instagram.