Maak reg vir ’n heerlike komiese fliek vanaf 2 April 2015!
Strikdas - ’n Familie gedoente
Met Leandie du Randt, Kaz McFadden, Gys de Villiers, Elsabe Daneel, Albert Maritz, Susanne Beyers en Sandra Kotze.
Don “Vossie” Vorster is ’n geeky diereliefhebber met ’n baie goeie hart. Toe hy op die punt staan om na die Universiteit van Stellenbosch te vertrek, druk sy pa ’n boksie in sy hande. In die boks ontdek hy ’n effens verweerde strikdas. Volgens ’n familietradisie wat van geslag tot geslag oorgedra word, moet die oudste seun in die Vorster-familie ’n strikdas ontvang wanneer hy sy hoërskoolopleiding voltooi. Die groot eer val Vossie nou te beurt. En hy gaan dit beslis nodig kry want dit gaan vir hom ’n groot aanpassing wees om van sy rustige bestaan by sy ouerhuis aan die opwinding wat die universiteitslewe bied, gewoond te raak.
Gewapen met die strikdas en besiel met die waagmoed om op te staan vir dit waarin hy, is hy nou ook gereed om die meisie van sy drome te ontmoet. Vossie en sy nuwe vriende van die Stellenbosch-bevrydingsfront besluit een nag om by die universiteit se laboratorium in te breek en die rotte wat vir navorsing gebruik word, vry te laat. Hulle planne loop lelik skeef en Vossie ontsnap net betyds met een van die rotte in ’n hok. In ’n poging om van die veiligheidswagte weg te kom, kom hy op die snikkende, ontroosbare Willemien de la Harpe af, die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het.
Willemien, wat die bedorwe en opgepiepte dogter van ’n skatryk wynlandgoedeienaar is, is universiteit toe gestuur met die hoop dat sy daar sal leer om die regte lewenskeuses te maak. Vossie en sy soort is beslis nie die De la Harpes se idee van ’n “goeie lewenskeuse" nie. Willemien wil ook baie meer van die lewe hê as wat Vossie haar ooit kan bied. By hierdie kruispad kom Vossie voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan, naamlik dat hy vir Willemien en die hele snobistiese De la Harpe-familie moet oorreed dat hy haar waardig is en die regte man vir haar is. En dis nie maklike opdrag nie, veral omdat Willemien se eks hom om elke hoek en draai voorlê en sake vir hom bemoeilik en glad nie van plan is om Willemien te laat gaan sonder om vir haar te baklei nie.
Gevul met skreeusnaakse oomblikke bevat Strikdas tog ook belangrike lewenslesse. Die eindresultaat is 'n romantiese komedie soos nog nooit voorheen gesien nie. Dit is vir die hele familie!
https://www.youtube.com/watch?v=FrFlvG-G9fY

*Kyk na ’n video van die Strikdas premiére.