Logo

Rolanda en Jozua verwelkom eersteling

Nuus
06 Desember 2016
Die aktrise Rolanda Marais en die regisseur Jozua Malherbe se eersteling, ’n babadogter, is vroeër vandag gebore.

Die aktrise Rolanda Marais en die regisseur Jozua Malherbe se eersteling, ’n babadogter, is vroeër vandag gebore.

Die paartjie, wat in Februarie getrou het, het in Augustus met kykNET oor ouerskap gesels.

“Ek dink elke kind is anders en vereis sy eie styl van opvoeding, so ons sal maar eers die mensie moet ontmoet om te sien hoe ons te werk sal gaan. Ons is ’n goeie span en het baie pret saam en geniet mekaar se geselskap. Ek dink ’n gesonde, liefdevolle verhouding tussen ma en pa is die beste basis wat jy ’n kind kan gee. Dit laat hulle veilig en gekoester voel en bied vir hulle ’n stewige fondasie en sin van self.

“Ons doen niks volgens die boek nie en is sterk individue wat nie daarvan hou om reëls te volg nie, so ek neem aan ons gaan die opvoeding van ons kind ook maar so benader,” het Rolanda gesê.

“Daar is geen perfek nie,” het Jozua gesê. “Daar is net eerlik. Ons gaan ons bes doen om haar veilig voel en geliefd te laat voel. Dis belangrik.”

Kyk hier na hul pragtige troufoto’s.