Logo
Arendsvlei S5 Slim BB
web uni tv guide

Arendsvlei

145Telenovela13

Roberto gaan vir goud – Arendsvlei

Nuus
17 Maart 2020
Roberto Kyle het ons vertel hoe hy voel oor Arendsvlei se talle SAFTA-benoemings en natuurlik sy eie nominasie!
Screenshot 2020-03-23 at 12.46.21

Hoe voel dit om genomineer te word vir ’n SAFTA?

Dis vir my ’n eer om deur die SAFTA-paneel en NFVF erken te kan word. Die nominasie beteken vir my baie.  

Het jy gedink Arendsvlei sal soveel nominasies kry? 

Om eerlik te wees, ja. Die span agter Arendsvlei is almal baie talentvol en hardwerkende mense. Maar wat spesiaal is, is dat die storie deur mense geskep word wat ‘authentically’ die storie ken en leef. Dis hoekom dit ’n ‘hit’ is met die kykers. 

Wie en wat het ’n groot bydrae gehad tot jou sukses?

Definitief my ma. Ek was groot gemaak met beginsels wat my laat voel as of ek enigiets kan doen en bereik. En met gaafheid.  

Hoekom dink jy het Arendsvlei so vining ’n impak gehad op die televisie-industrie?

Arendsvlei weerkaats ’n realiteit, kultuur en groep mense wat opreg Suid-Afrikaans is. En dis hoekom mense dit ‘love’.

Vang Roberto op Arendsvlei elke Maandag tot Woensdag en gesels saam op FacebookTwitter en Instagram!