Logo

Renette is verloof! – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
06 Januarie 2020
Renette het liefde gevind!
<p>Renette web</p>

Met ’n nuwe jaar kom die kans vir nuwe hoop en drome – dit is veral die saak met Renette – een van Boer Theunis se potensiële pasmaats in die twaalfde seisoen van Boer soek ’n vrou.

Renette het sonder liefde van die skaam boer se plaas af vertrek. Kykers was geskok toe sy en Marcia dieselfde aand vertrek het. Baie kykers het ook gehoop dat Renette en Boer Theunis dalk ’n plan kon maak om weer by mekaar uit te kom, maar dit het toe nie so uitgewerk nie.

Renette het weer haar hart oopgemaak vir liefde en toe vind sy iemand. Daar was duidelik onmiddellik vonke tussen haar en dié mystery man omdat die paartjie op Nuwejaarsdag verloof geword het.

Die kykNET-Digitaal span wens hulle baie geluk en hoop om binnekort die trou-foto’s te sien.

Waar los dit die ander boere en pasmaats? Vind uit by die Boer soek ’n vrou reünie-episode, hierdie Donderdag om 20:00.