Logo

Redes om in te skakel vir die SAFTAs

Nuus
27 September 2023
Hoekom gaan jy inskakel vir die SAFTAs op 30 September?
SAFTAs tune in artikel image

Daar is verskeie redes hoekom jy moet inskakel op 30 September 2023 om 20:00 op kanaal 161.

Saftas 2023 poll background
Wat is jou gunsteling deel van die SAFTAs?

Wat is jou gunsteling deel van die SAFTAs?

Die modes84%
Die partytjie5%
Die toekennings11%

1.     Om die benoemdes te vier

Is jy groot aanhanger van film en televisie? Wil jy sien of jou gunsteling film of reeks groot gaan wen by dié jaar se toekennings? Dan moet jy inskakel sodat jy nie hoef te wag om uit te vind of jou gunsteling fliek, reeks of sepie groot gewen het by die toekennings nie.

2.     Die mode

Fashionistas jubel! Daar is min ander geleenthede om omring te wees met mode soos op die rooi tapyt. Jy kan plaaslike ontwerpers wat seker maak dat jou gunsteling bekende altyd hulle beste lyk vier en ’n voorsmaak kry van wat “in vogue” gaan wees in die komende maande.

3.     Die aanbieders

Hierdie jaar se hoof-toekennings word aangebied deur Lawrence Maleka en Zozibini Tunzi.

Lawrence is ’n bekroonde akteur wat bekend is vir sy rolle in Isibaya, The River en veel meer terwyl Zozibini Tunzi ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Heelal is.

4.     Die musiekuitvoerings

Alhoewel ons nog nie veel weet oor wie dié jaar kykers gaan vermaak nie kan jy seker wees dat die wow-faktor daar sal wees – wie weet, dalk is daar selfs ’n onverwagse collab wat sosiale media gaan laat gons. 

Skakel 30 September 2023 om 20:00 in op Mzansi Magic, kanaal 161, vir die SAFTAs hoof-toekennings wat by die Gallagher Convention Centre gaan plaasvind. Gesels saam deur die hutsmerk, #SAFTAs te gebruik tydens die toekennings.