Plaasmoorde was die afgelope ruk weer in die nuus, en die debat daaroor het opnuut na vore getree. Die akademikus Piet Croucamp en Kallie Kriel van AfriForum was dié week in die ateljee om die saak te debatteer.
Volgens Croucamp moet ons wegbeweeg van identiteitspolitiek af en ’n demokratiese manier vind om dit aan te spreek.
Kriel het beken dat daar natuurlik rassisme op plase is, soos elders ook, maar dat AfriForum in sy verklarings net so sterk uitgekom het teen wit teenoor swart rassisme.
Dié verduideliking het Croucamp egter nie tevrede gestel nie: “Die retoriek stel boere op teen swart Suid-Afrikaners. Ons moenie dit doen nie. Daar’s nie noodwendig meer rassisme onder boere as ander wit Suid-Afrikaners nie.
“As jy die probleem wil aanspreek, moet jy hom reg verstaan. Misdaad in Suid-Afrika is uiters gewelddadig, daar’s geen aanduiding dat geweld op plase meer gewelddadig is as ander plekke nie. Jy vervreem mense, swart Suid-Afrikaners, wat jou kan help in daardie stryd.”
Kyk na die onderhoud hier onder.