Logo

President Karen keer terug in Julie

Nuus
01 Junie 2015
Die tweede seisoen van die satiriese geselsprogram Die Republiek van Zoid Afrika skop op 2 Julie om 20:30 af.
RZA Season 2

Welkom terug in die republiek van Zoid Afrika, waar lag en musiek die beste medisyne is. Die tweede seisoen van die satiriese geselsprogram Die Republiek van Zoid Afrika skop op 2 Julie om 20:30 af.

Aanbieder Karen Zoid gesels weer met haar gunsteling-denkers, -dromers, -besluitnemers en ander moedige en merkwaardige mense.

TIME Magazine en die US News & World Report het haar rol as ’n ikoon in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf beklemtoon. Eerstejaarstudente aan verskeie universiteite studeer haar skryfwerk as deel van hul akademiese modules. Sy het ’n Sama-toekenning vir beste vroulike kunstenaar losgeslaan, en daar is ’n rits treffers uit haar pen. Haar skerp humorsin en die unieke wyse waarop sy met mense gesels, beteken dié program is nie een wat misgeloop moet word nie.



Skuif nader in Julie as jy wil weet wat Jack Parow en Lizz Meiring in gemeen het, wat gebeur wanneer Steve Hofmeyr en Tannie Evita Bezuidenhout saam tee drink en hoe dit lyk wanneer Bobby van Jaarsveld en Marc Lottering die bobbejaan agter die berg gaan haal.

Bly op die hoogte met DStv.

34 rza season 2