Logo
kN Digital Banners Template Op my Eish 3Slim Homepage 1600x160 (3)
web uni tv guide

Op My Eish!

144RealiteitPG13

Pragtige pikkewyne – Op my eish!

Nuus
06 Junie 2021
Dié oulike diertjie is baie meer as net Happy Feet.
OME Article Header

In vandeesweek se episode van Op my eish!  het Neels van Jaarsveld, Lizelle, Dorianne, Nadine en Janka tyd spandeer saam met ‘n paar pikkewyne en meer uitgevind oor hulle.

Daarom het ons dit goed gedink om ‘n paar interessante feite te gaan soek oor pikkewyne:

Meeste pikkewyne is in monogame verhoudings. Ongeveer 80 – 90% van alle pikkewyne deel hulle lewe slegs met een ander pikkewyn.

Hulle het voorheen bekend gestaan as ‘jackass’- pikkewyne omdat hulle ‘n soortgelyke geluid maak as ‘n donkie.

Alhoewel hulle swaar lyk, weeg hulle maar ongeveer net 4kg wanneer hulle volgroeid is.

In die 1800s was daar meer as 4 miljoen Afrika pikkewyne. Vandag is daar slegs 50 000 oor in die natuur.

Suid-Afrika en Namibië is die enigste lande waar die Afrika-pikkewyn voorkom.

Hulle gunsteling kossoort is sardyne.

Kuikens sluit aan by ‘n crèche terwyl hulle ouers uitgaan om te gaan jag.

Hulle kan tot en met 27 jaar oud word in hulle natuurlike habitat.

Dié gediertes is beslis baie ouliker en meer interessant as wat ons besef het! Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir Op my eish! en onthou om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #OpMyEish te gebruik.