Logo

Potensiaal – Boer soek ’n vrou 12

Nuus
16 Januarie 2020
Het Theunis al iemand gevind?
2

Daar is geen twyfel dat #BoerTheunis diep in almal se harte ingekruip het tydens die 12de seisoen van Boer soek ’n vrou nie. By die reünie het hy wel alleen opgedaag sonder iemand langs hom.

Ons kon net nie meer ons nuuskierigheid in toom hou nie en het toe bietjie by hom op sy plaas gaan kuier.

Sien jy al iewers potensiaal met iemand?

Wel ek hou nie rerig daarvan om vooruit te praat nie, so ek sal eers sê as ek weet dit kom van beide kante af. Ek het al oulike dames intussen ontmoet, so van my kant af is daar definitief potensiaal ja.

Hoe was die hele BSV-ervaring vir jou?

Daar was lekker tye, maar daar was maar net so baie moeilike tye ook. Goeie mense ontmoet en goed gedoen wat ek nooit gedink het ek sou, so ek glo ek’t bietjie gegroei deur die hele proses. Die uit-stemmery was natuurlik die minste lekker. . .

Kykers het jou gemerk as Seisoen 12 se heart-throb­- is jou inboxes al vol boodskappe van jou aanhangers?

Haha, o ek’t nie dit geweet nie. Ek het al ’n hele paar boodskappe gekry waarvoor ek baie dankbaar is, mense wat jou net wil moed inpraat of sê jy was hul gunsteling gewees. Ek waardeer dit, maar ek kan ongelukkig nie op almal reageer nie, al wil ek. Dis nog oestyd ook so dis wild besig hier!

Is jy nog in kontak met van die boere of pasmaats?

Die boere het ’n Whatsapp groep gevorm om in kontak te bly. Ek’t nog hier en daar so bietjie kontak. Die afstand is mos maar ’n probleem. Met die pasmaats ook net so 1 of 2, maar baie min. 

Sal jy hierdie reeks vir anders aanbeveel?

Dit gaan maar baie afhang van jou persoonlikheid. As die persoon kans sien vir so iets, ja dan sal ek dit aanbeveel. Hulle moet maar net weet waarvoor hulle hulself inlaat en dat dit ’n show bly, so jy’s baie gelukkig as jy ’n lewensmaat uit jou 10 keuses kry. Die blootstelling kan wel baie vir jou beteken.

Ons is doodseker dat daar binnekort iemand in #BoerTheunis se lewe gaan wees!