Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Perfeksionisme – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
03 Augustus 2023
Dit was nie ‘n goeie dag vir Natalie en Rodney in die Kokkedoor-kombuis gewees nie…
Kokkedoor article image ep 2

Dié twee spanmaats kon van die begin van die uitdaging af net nie oor die weg kom met mekaar nie en dit het gereflekteer in die bord kos wat hulle vir Bertus Basson, Kobus Botha en Martelize Brink bedien het.

Kyk hier terug na dié dag in die kombuis: 

Alhoewel hulle tydjie in die Kokkedoor Vuur & Vlam-kombuis kort was, het hulle steeds ‘n indruk gemaak. 

kykNET Digitaal het eksklusief met Rodney en Natalie gesels: 

Natalie Erasmus: 

Hoekom het jy in geskryf vir dié reeks? 

Ek wil graag ‘n inspirasie wees vir jong dames.

Hoe hanteer jy konflik? 

Ek haat konflik en vermy dit sover as moontlik.

Wat is die grootste struikelblok wat jy al oorkom het? 

Ek het my werk verloor as ‘n chef gedurende Covid.

Wat is jou gunsteling ding om te doen wanneer jy alleen is? 

Ek is mal oor hardloop en lees.

Sal jy “vuil speel” om voor te kom in ‘n kompetisie? 

Ek glo nie in vuil spel nie, die beste verdien om te wen!

Is jy kompeterend? 

Ek is kompeterend as dit kom by my passie andersins gaan ek nie my kop breek as ek nie noodwendig wen nie.

 Kos maak met vuur, gas of elektrisiteit en hoekom?

Ek persoonlik verkies gas a.g.v. loadshedding en dis baie prakties

Beste dis wat jy al gemaak het om iemand mee te beïndruk? 

Ek’s baie lief vir bak en het ‘n verjaarsdag Delft koek gebak vir iemand.

Wat is die secret ingredient wat enige dis beter laat proe?

Sout

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis? 

Sout en suiker omgeruil.

Het jy enige verskuilde  talente?

Ek’s baie kunstig.

Beskryf die beste braaibroodjie.

My beste braai broodjie sal eenvoudig wees met kaas, ham, uie en tamatie.

Wat maak jou oombliklik woedend?

Onregverdigheid.

Beskryf jouself in drie woorde. 

Lojaal, betroubaar en nederig.

 Is jy ‘n introvert of ‘n ekstrovert en hoe kom jy oor die weg met persone wat die teenoorgestelde van jou is? 

Ek is ‘n ekstrovert-introvert: Ek gee nie om, om te praat voor mense nie, maar in groepe is ek soms die stil een. Ek verkies dit om te luister eerder as om te praat.

Waar kom jou liefde vir kos maak vandaan? 

Ek het my liefde vir kos gekry by Ouma Belsie.

Watter advies sal jy vir jou jonger self wou gee? 

“LOOK HOW FAR YOU’VE COME”

Gunsteling kos?

Mieliepap

Gunsteling aanhaling?

Nie noodwendig ‘n aanhaling nie maar my Moekie sê gereeld daar’s ALTYD iets om voor dankbaar te wees.

 

Rodney Gelant: 

Hoekom het jy in geskryf vir dié reeks? 

Dis een van die grootste kook kompetisies In die land en ek wou myself ten toon stel met my kook-en braai vernuf.

Hoe hanteer jy konflik? 

Deur diep asem te haal, te luister alvorens ek reageer.

Wat is die grootste struikelblok wat jy al oorkom het? 

Deur stres te reguleer.

Wat is jou gunsteling ding om te doen wanneer jy alleen is? 

Lê voor my TV en van soggens Morning Live te kyk en daarna kook programme asook movies.

Sal jy “vuil speel” om voor te kom in ‘n kompetisie? 

Vuil spel was nog nooit deel van my lewe, nie ek’s te straight forward.

Is jy kompeterend? 

Ja, ek is natuurlik met myself uitdagend. Om iets konstant te probeer wat ek nie kan doen nie gedurende kompetisies en hoop dat die outcome positive sal wees.

Kos maak met vuur, gas of elektrisiteit en hoekom?

Ek werk elke dag op 'n gasstoof en braai of pot gereeld by my huis.

Beste dis wat jy al gemaak het om iemand mee te beïndruk? 

Braai en slaaie asook potjiekosse... Daars te veel disse wat mense gekomplimenteer het van my wat nogals nie favourites was nie, maar een dis sal wees om rump of sirloin te braai met ’n lekker sous daarby.

Wat is die secret ingredient wat enige dis beter laat proe?

Knoffel en gemmer. 

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis? 

Om nie alles betyds klaar te kry vir n funksie nie.

Beskryf die beste braaibroodjie.

Kaas, tamatie, uit, sout en peper.

Wat maak jou oombliklik woedend?

As ’n resep nie werk nie, veral as ek dit ’n million keer regekry het voorheen.

Beskryf jouself in drie woorde. 

Confident 

Inspirerend 

Straight forward 

Is jy ‘n introvert of ‘n ekstrovert en hoe kom jy oor die weg met persone wat die teenoorgestelde van jou is? 

Actually beide, want ek kan baie goed aanpas.

Waar kom jou liefde vir kos maak vandaan? 

Vanaf my Ouma Annie en Moeder Christine en vele ander grootmense in my pad asook die verskillende restaurante waar ek gewerk het.

Watter advies sal jy vir jou jonger self wou gee? 

Gaan leer vir ’n chef en maak tyd om dit klaar te maak, vergeet van image.

Gunsteling kos?

Hoenderkerrie 

Gunsteling aanhaling?

Live life to the fullest, cause you only have one.

Skakel elke Donderdag om 20:00 in op kykNET, kanaal 144 vir Kokkedoor Vuur & Vlam en onthou om saam te gesels op Facebook, Twitter en Instagram deur die hutsmerk, #KokkedoorVuurVlam te gebruik.