Logo
MMF

Ontmoet jou top-20! – Maak My Famous 2

Nuus
21 Mei 2020
Die laaste 12 deelnemers van die top-48 het gisteraand opgetree – en nou maak die top-20 gereed om jou net nóg meer te vermaak!
Wenners

Uitvoerende vervaardiger en aanbieder Emo Adams, het een van sy Emo tickets gebruik om vir Emma Ellis in die dames-kategorie te red.

“Dit was ’n moeilike keuse vir my. Daar was twee talente wat ek wou save. Emma was een van dit en Vocal Dynamix was definitief ook een wat uitgestaan het vir my. Maar omdat ek reeds ’n groep gehad het in die top-20, wou ek diversiteit hê. So Emma was hands down vir my die beste keuse, want haar performance was klein en simple en die song is net so mooi. Haar delivery van dit was great, ” vertel Emo.  

Ontmoet die vyf deelnemers wat deurgedring het na die top-20:

SANG (MANS)

Henrico Coetzer (27) van Pretoria

“Eerlik het ek nie verwag om my naam te hoor toe hulle die top-20 aankondig nie. Dit het vir ’n ruk onwerklik en soos ’n droom gevoel. Ek was so dankbaar en self huilerig daaroor en vir die eerste keer in ’n lang tyd trots op myself,” vertel Henrico. 

GROEPE & RYMKLETS

Rodney Goliath (19) van Paarl

“Dit was ongelooflik. Alles het net vinnig gebeur. Ek was nie seker of dit die realiteit was nie, want die een oomblik was ek besig om van my kop af te raak van die senuwee en die volgende bars ek uit met blydskap en vreugde. Ek het net baie trots gevoel,” sê Rodney. 

SPESIALITEIT

Tenacity Movement van Uitsig

“Ons kon dit rêrig nie glo toe Emo ons groep se naam uitroep nie! Om deel te wees van hierdie ervaring is amazing. Om deur te dring na die top-20 het ons beide nervous en excited gemaak. Dit is so ’n eer om in die presence van die Maak My Famous-span en Emo Adams te wees. En om te weet dat ons meer tyd met hom kan spandeer, het ons nog meer excited gemaak!” vertel Carlene Slayters, een van die dansers.  

SANG (DAMES)

Kezia Swartz (18) van Oudtshoorn

Wow! Top 20! Ek kan net dankie sê vir God, want ek sou dit nie sonder hom kon doen nie. Dankie aan Emo Adams en die Maak My Famous-span vir die wonderlike geleentheid. Vertrou net in jouself en jy kan hoë hoogtes bereik!” sê Kezia. 

EMO TICKET

Emma Ellis (25) van Port Elizabeth

“Om die top-20 te haal voel onwerklik! Dit is ’n absolute eer! Baie dankie Emo!” sê Emma.

Hier is die top-20

  • Carmen Basson van Vrystaat
  • Henrico Snyders van Vredendal
  • Jayson Kleinschmidt van Paarl
  • Die Wesso’s van George
  • Xan Logan van Kaapstad (Emo ticket)
  • Rikus Pieters van Kimberley
  • DFEAT SA van Kuilsriver
  • Jade Engelbrecht van Mitchells Plein
  • Ayden & Tamaryn Beukes van Namibië
  • Nicoleen Saal van Ocean View 
  • Reggie B van Rawsonville 
  • Riché Koopman van Kraaifontein 
  • Gideon Lottering (G.Notes) van George
  • Nolene Spinks (Spinksie) van Port Elizabeth (Emo ticket)
  • Daylin Sass van Hanover Park (Emo ticket)
  • Henrico Coetzer van Pretoria
  • Rodney Goliath van Paarl
  • Tenacity Movement van Uitsig
  • Emma Ellis van Port Elizabeth (Emo ticket)
  • Kezia Swartz van Oudtshoorn

Moenie vergeet om volgende week in te skakel om die eerste 10 talente van die top-20 se optredes te kyk nie!

Maak My Famous word elke Woensdag om 20:00 op kykNET en 21:00 op kykNET & kie uitgesaai.