Logo
Alles Malan – Slim
web uni tv guide

Alles Malan

144DramaPG13 L

Ontmoet die Malans – Alles Malan

Nuus
09 November 2021
Alles Malan begin op Dinsdag 30 November om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).
Alles Malan – Malans

DERIK MALAN  (67)
ALBERT MARITZ

Derik (67) is die hardkoppige, liefdevolle patriarg van die Malan familie. Hy is getroud met Brenda en pa van twee seuns, Frik en Nico.  Hy het die familie besigheid, Malan Vervoer, self van die grond af opgebou en oorgegee aan sy oudste, Frik Malan. Na 43 jaar se getroude lewe, wil hy graag sy goue jare saam met sy geliefde vrou geniet.

BRENDA MALAN (64)
ELSABE DANEEL

Brenda (64) is die rugraat van die familie en sal alles vir haar gesin opoffer. 'n Moderne, sterk vrou en knap tuisteskepper. Sy weet presies hoe om elke lid in haar gesin te hanteer. Terwyl sy baie ondersteunend is, besef Brenda dat sy ook vir die eerste keer,iets vir haarself moet doen en haar eie passies moet ontdek.

FRIK MALAN (42)
IVAN ZIMMERMAN

Frik (42) is 'n perfeksionis wat die lewe in swart en wit sien. Hy is die eersgeborene, asook Tessa se man en Freek en Elani se pa. Hy het van Londen teruggekeer om Malan Vervoer oor te neem en sien dit as ’n groot verantwoordelikheid om van sy Pa se besigheid ’n sukses te maak. Frik soek die perfekte gesin, maar sukkel om sy eie ideale uit te leef, veral wanneer die falende Malan Vervoer erge druk op sy huwelik begin plaas.

TESSA MALAN (42)
NADIA VALVEKENS

Tessa (42)  is 'n baie gedrewe beroepsvrou wie as prokureur in die Paarl werk. Sy is getroud met Frik en hulle het twee kinders, Elani en Freek. Tessa is 'n sterk en dinamiese, maar voel onseker oor haar rol as ma en vrou, soos haar loopbaan begin floreer en die van haar man sin begin faal.

ELANI MALAN (21)
GRETELI FINCHAM

Elani (21) is ‘n grafiese ontwerp student by Stellenbosch Universiteit. Sy het ’n drie-jarige seuntjie, Junior (Derik Malan) en is vanaf matriek in ’n ernstige verhouding met haar hoërskool-liefde, Johan Brits. Sy is vasbeslote om op haar eie voete te staan, maar wanneer Johan skielik moet weggaan, word haar wêreld omvêr gegooi.

FREEK MALAN (16)
MATTEO OLIVIER

Freek is Tessa en Frik se aangenome seun en ’n Graad 11 leerling by Hugenote Hoërskool. Hy het aanvanklik gesukkel om daar aan te pas, maar het nou vier goeie vriende saam met wie hy hope prêt het. Hy is smoorverlief op die skool se populêrste meisie, Jessica de Villiers, maar moet haar eers uit die kloue van ’n gevaarlike matriekseun, red.

NICO MALAN (36)
SEAN MARCO VORSTER

Nico is die sportiewe, loskop jongste Malan-seun en rugby-afrigter van Boland-Rugby. Hy is getroud met Lee-anne Isaaks en verwag hul eersteling, maar nuwe ouerskap bring hope uitdagings, wat sy huwelik tot die uiterste beproef.

LEE-ANNE ISAAKS (33)
NICOLE FORTUIN

Lee Anne is 'n pragtige, saggeaarde Afrikaans onderwyseres, asook die drama juffrou by Hugenote Hoerskool. Sy is getroud met Nico Malan. Teater is haar groot passie, maar sy besluit om dit vir eers opsy te sit, sodat sy ten volle op haar swangerskop kan fokus.

Alles Malan begin op Dinsdag 30 November om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144).