Logo
Kokkedoor Vuur & Vlam
web uni tv guide

Kokkedoor: Vuur en Vlam

144Realiteit13 L

Onthoubraaiers vertel oor hulle grootste flop in die kombuis – Kokkedoor Vuur & Vlam

Nuus
18 Oktober 2023
Dis die oomblik waar dit voel jou hart ruk wanneer jy weet jou dis het geflop: Kokkedoor-deelnemers bieg oor hulle groot flaters.
egg on the floor

Daar was vele maal toe ‘n Kokkedoor Vuur & Vlam-deelnemer 'n fout begaan het en dan besluit het om die dis oor te maak. Soos die keer in episode 11 toe die botter in Nate se dis te warm was en gesplit het; sy spanmaat Kevin het onmiddellik vir hom gesê: “Begin oor.”

Of 'n ander keer toe iemand vergeet het of hy ‘n bestanddeel ingegooi het of nie.

Om 'n flop te maak in die Kokkedoor-kombuis was beslis nie iets nuuts nie.

kykNET se digitale span het vir die Onthoubraaiers gevra van die keer toe hulle in hul eie kombuis 'n groot flop gemaak het. Kom lees ook wat hulle glo is hul gunsteling bestanddeel – die ding wat enige dis beter kan maak.

Anel Marais

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: Vis wat ek met skibbe gebak het. (Dis) nou voordat ek regtig seekos geken het.

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Botter en room

Bertus Fourie

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: (Daar is) te veel om op te noem!

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Vis sous/ Garum sous

Francois de Wet

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: Die dag toe ek die stoompot te vinnig oopgemaak het…

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Sout en liefde

Jan Grobbelaar

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: Verbrande pizza wat ek van vergeet het.

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Liefde

Joubert Spies

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: Ek het al ‘n buite braai vir kliënte gedoen in ‘n boskamp off-the-grid wat ek die skaapblad in die sand laat val het en niks kon dit red nie!

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Sout

Karen Els

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: My baie, baie ou stoompot wat "opgestyg" het en sy inhoud vir my versprei het oor my kombuis se mure... (Dit het) lekker geproe so met die afvee teen die mure.

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Uie, uie, uie! Dis die begin van alles wat goed is. Selfs die reuk van uie kan hulle bottel en verkoop! (Lag)

Lara van der Merwe

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: 'n Piesangbrood wat ek in lap probeer bak het (moenie vra nie).

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Dis nou bitter cliché, maar om iets met liefde en respek voor te berei maak net die wêreld se verskil!

Nate Smith

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: Ek het al kos gebrand vir 20 mense terwyl hulle wag. Moes maar gou ‘n plan maak.

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Sout

Nicole Buirman

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: Roosterkoek op die kole! Vra my familie! Dis iets waaroor hul my nou nog spot! My roosterkoek deeg het letterlik gesmelt toe ek dit op die rooster neersit en ek het my moer gestrip en dit netso in die asblik gegooi!

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Geure! Goeie spices en baie liefde om dit te maak!

Rodney Gelant

Grootste flop wat jy al gehad het in die kombuis: Om nie alles in tyd klaar te kry, byvoorbeeld vir ‘n funksie.

Wat is die geheime bestanddeel wat enige dis beter laat proe: Knoffel en gemmer

Maak seker jy skakel in vir “Kokkedoor Vuur & Vlam” se laaste episode op Donderdag 19 Oktober 2023 om 20:00 op DStv-kanaal 144, of stroom al die episodes op DStv Stream.